Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

André Bartlertt

Dood in die kamer / Death in the Room is die titel van ’n treffende kunswerk deur Ntobeko Mjijwa wat deel vorm van ’n nuwe uitstalling wat tot 22 April by die Oude Leeskamer op Stellenbosch te sien is. Mjijwa het ’n graad in Skone Kunste en ’n sertifikaat in Teologie en doseer plaaslik en internasionaal in beide dissiplines.

Kunstenaars (be)wys behoefte aan versoening en hoop van Paasfees met nuwe uitstalling op Stellenbosch

Versoening vorm die bindende tema van ’n nuwe kunsuitstalling op Stellenbosch vanweë die belang daarvan in die verhaal van Suid-Afrika en hoe dit in die toekoms weergalm. “’n Stem wat deurlopend in die Suid-Afrikaanse dialoog rondom geregtigheid en versoening weerklink, is dié van die kerk,” luidens ’n verklaring deur Maryke van Velden, verantwoordelik vir kreatiewe […]

Kunstenaars (be)wys behoefte aan versoening en hoop van Paasfees met nuwe uitstalling op Stellenbosch Lees verder

André Bartlertt

Kuns wat skok

In die laaste week of twee het ’n vuurwarm herrie rondom die kuns­portefeulje van ’n matriek­leerling aan ’n Christelike privaatskool in KwaZulu-Natal ontstaan. Wat veronderstel was om deel uit te maak van ’n uitstalling van die werk van matriekleerlinge by die skool se prysuitdelingsgeleentheid het viraal gegaan toe die ontstoke pa van ’n ander leerling

Kuns wat skok Lees verder

André Bartlertt

Om dieper te kyk

Nuusfotografie word dikwels bloot as dit beskou: foto’s wat ’n visuele beeld ter illustrasie van ’n nuusgebeurtenis verskaf, gewoonlik met die doel om aandag op die spesifieke nuus­storie te vestig. Dit word oor die algemeen nie as ’n vorm van kuns beskou nie – veral ook omdat dit dik­wels ’n vlie­tende oomblik is wat vasgevang

Om dieper te kyk Lees verder

André Bartlertt

Meer as gewone brood en wyn

Gebrandskilderde glasvensters is waarskynlik die vorm van religieuse kuns waaraan gewone kerkmense die grootste blootstelling het. Dit is toenemend ook waar van Gereformeerdes wat vir eeue lank weerstand teen enige vorm van kerklike kuns gehad het en eers in die laaste dekades in kerkgeboue vir hierdie besonderse kunsvorm plek ingeruim het. Oor die algemeen word

Meer as gewone brood en wyn Lees verder

André Bartlertt
Alexei Jawlenski se Groot Meditasie.

God is soos Christus

My eerste kennismaking met die werk van die Russiese skilder Alexei Jawlenski (1864-1941) was in 2001 toe ek tydens ’n studiebesoek aan Oxford die boek The Christlike God van John V Taylor aangeskaf het. Nie net die titel van die boek nie, maar ook die treffende afdruk van ’n skildery op die voorblad het onmiddellik

God is soos Christus Lees verder

André Bartlertt
Keith Haring se Moses en die brandende bos.

Huiwering en vreugde in die teenwoordigheid van God

In hierdie rubriek is ’n tema al ’n hele paar keer aan die orde gestel. Dit is die paradoksale samehang tussen die kenbaarheid en onkenbaarheid van God. In die teologie vind dit uitdrukking in twee uit­een­lopende benaderings, die sogenaamde apofatiese wat fokus op die onkenbaarheid, en die sogenaamde kata­fatiese wat fokus op die kenbaarheid van

Huiwering en vreugde in die teenwoordigheid van God Lees verder

André Bartlertt
Erik Ravelo se kunswerk Die Onaantasbares.

Die kruis as simbool van protes

Die kruis is onteenseglik die mees algemeen gebruikte en die mees herkenbare motief in die Christelike kunstradisie. Die gebruik daar­van in ’n kunswerk roep onmiddellik die kruisdood van Jesus Christus in herinnering en daarmee saam die volle draagkrag van die kruisgebeure in die Christelike geloofstradisie. In talle kunswerke funksioneer die kruis ook as ’n universele

Die kruis as simbool van protes Lees verder

André Bartlertt
Salvador Dalí se skildery Christus van Sint Johannes van die Kruis.

Christus, die sentrum van die kosmos

Naas sy land- en tydgenoot Picasso is die Spaan­se skilder Salvador Dalí (1904-1989) waarskynlik die bekendste en mees kontroversiële kunstenaar van die 20ste eeu. Soos in die geval van Picasso het dit ook te doen met sy flambojante lewenstyl en sy opspraakwekkende uitsprake oor (onder andere) godsdiens en geloof. Gebore in ’n huis waar daar

Christus, die sentrum van die kosmos Lees verder

André Bartlertt
Die uitstalkamer met Malevich se Swart Vierhoek in die posisie wat normaalweg vir ’n ikoon gereserveer word – daar waar twee mure en die plafon ontmoet.

’n Volheid wat alle verstand te bowe gaan

Daar is ’n groot deel van die meer abstrakte kuns van die laaste eeu wat geworstel het met die vraag oor hoe die werklikheid visueel voor­gestel kan word. In die geval van kunswerke wat op een of ander wyse as religieuse kuns beskryf kan word, het hierdie vraagstelling veral gefokus op die voorstelbaarheid van die

’n Volheid wat alle verstand te bowe gaan Lees verder

André Bartlertt
Piet Mondrian se Komposisie in Rooi, Blou en Geel.

’n Eindelose verlange na samehang

Binne die gereformeerde tradisie is die verhou­ding tussen kerk en kuns op sy beste proble­maties. Dit het veral te doen met die afwysende houding wat iemand soos Johannes Calvyn teenoor enige afbeelding van God ingeneem het. Calvyn sê onder andere in sy Institusie dat God deur die eerste gebod “ons belet om Hom sigbaar voor

’n Eindelose verlange na samehang Lees verder

André Bartlertt

Genesing ten spyte van verskrikking

Die Spaanse skilder Pablo Picasso (1881-1973) is waarskynlik die bekendste, maar tegelyk ook die mees kontroversiële kunstenaar van die 20ste eeu. Dit het nie net met die onkonvensionele aard van sy kuns te doen nie, maar ook met sy flambojante leefstyl en sy uitgesproke ateïsme. Wat opvallend van sy werk as kunstenaar is, is dat

Genesing ten spyte van verskrikking Lees verder

André Bartlertt

’n Oerkreet van angs en protes

Waarskynlik een van die mees bekende (’n gerekende kunskritikus meen, naas die Mona Lisa van Leonardo da Vinci, dié bekendste) skilderye in die Westerse kunskanon is Die kreet van die Noorweegse skilder Edvard Munch (1863-1944). Die werk, wat reeds in 1893 geskilder is, is nie net besonder treffend nie, maar word ook beskou as die

’n Oerkreet van angs en protes Lees verder

André Bartlertt

Om die onsêbare tog te sê

In die Christelike teologiese diskoers word daar nog altyd geworstel met die vraag hoe mens tegelyk oor sowel die transendensie van God as oor die immanensie van God kan praat. In die sogenaamde apofatiese benadering (van die Griekse woord apofasis wat “ontkenning” beteken) word daar sterk gefokus op die transendensie van God as die Gans

Om die onsêbare tog te sê Lees verder

André Bartlertt
Georges Rouault se skildery Christus in die agterbuurte.

Eensaam, maar nooit alleen

In die twintigste eeu waar daar ’n toenemende verwydering tussen kuns en die kerk tot stand gekom het, was daar ’n paar opvallende uitsonderings. So het die Franse skilder Georges Rouault (1871-1958) hom daarop toegelê om in sy kuns uitdrukking aan sy diepgewortelde geloofsoortuigings te gee, maar op ’n wyse wat hom steeds deel van

Eensaam, maar nooit alleen Lees verder

André Bartlertt
Natalia Goncharova se skildery Die Evangeliste.

Nuwe antwoorde op nuwe vrae

Terwyl die kerk tydens die Middeleeue en die Renaissance een van die belangrikste beskermhere van die kunste was, het daar sedert die Aufklä­rung/Verligting van die 17de en 18de eeu ’n groeiende ver­wydering en in sommige gevalle selfs vyandskap tus­sen die kerk en die kunste ontstaan. Dit het enersyds saamgehang met die feit dat kuns­te­naars ’n

Nuwe antwoorde op nuwe vrae Lees verder

André Bartlertt
Die Duitse skilder, Caspar Da­vid Friedrich, se skildery Kloos­terkerk in die eikewoud.

’n Weerlose gemeenskap rondom die kruis

In die kuns van die Middeleeue, die Renaissance en die Reformasie het geloof en die Godsvraag redelik onproblematies aan die orde gekom. Bybelse to­nele is wel op verskillende wyses en vanuit uiteenlo­pen­de perspektiewe uitgebeeld. Die byna vanselfspre­ken­de veronderstelling was egter deurentyd dat die uit­beelding van Bybelse gegewens en religieuse temas toe­gang verleen tot die verstaan

’n Weerlose gemeenskap rondom die kruis Lees verder

André Bartlertt
Gaugin se Visioen ná die preek: Jakob worstel met die engel.

Om die buitengewone in die gewone te vind

Dit is interessant om te sien hoe twee kuns­wer­ke, onderskeidelik geskilder deur die kunste­naars Paul Gauguin en Vincent van Gogh, twee verskillende benaderings tot die soeke na ’n dieper betekenis van die sigbare werklikheid verteenwoor­dig. Gaugin se Visioen ná die preek: Jakob worstel met die engel en Van Gogh se Saaier – die twee werke

Om die buitengewone in die gewone te vind Lees verder

André Bartlertt
Lèon Cogniet se Scène du massacre des innocents.

Die hardnekkige boodskap van Kersfees

Die afgelope Kerstyd is ek weer diep getref en op ’n manier ontstig deur die wyse waarop ons viering van Kersfees in vele opsigte ver­vlak tot sentimentele soetsappigheid – om natuurlik nie eens te praat van die skrille kommersialisering en materialisme wat daarmee gepaard gaan nie. Selfs waar daar gefokus word op die geboorte van

Die hardnekkige boodskap van Kersfees Lees verder

André Bartlertt
Scroll to Top