Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie Gemeente: Voltydse leraar (of diensleraar)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Voltydse leraar (of diensleraar) vir jeugbediening

Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie is ’n voorstedelike makrogemeente in Centurion, Gauteng, wat al die gemeenskap vir meer as 40 jaar bedien. Ons is ’n geloofsfamilie wat saam Christus ontdek en leef. Ons is deur die Gees oortuig om biddend en met ons Godstories alle mense met liefde te bedien.

Word jy na ons geloofsfamilie geroep om die volgende te kom doen?

         1. Jeugbediening en geestelike begeleiding

Die bestuur en ontwikkeling van ons geloofsfamilie se bediening aan voorskoolkinders, laerskoolkinders, tieners en studente, in samewerking met vrywilligers. Jy moet ’n opregte passie en gawe hê om jongmense en hulle ouers geestelik te begelei.

        2. Ons het ’n hart vir die gemeenskap

Jy moet ’n brug tussen ons geloofsfamlie en gemeenskap vorm om mense in te nooi in ons geloofsfamilie en jongmense toerus en mobiliseer om die gemeenskap te dien.

        3. Leierskap en organisasie

Jy is ’n energieke persoon, verkieslik jonger as 40 jaar oud, met sterk leierseienskappe, goeie organisatoriese vermoë en die kapasiteit om bedieninge, programme en vrywilligers te koördineer. Jy het al meer as vyf jaar ervaring in jeugbediening.

        4. Verhoudings en spanwerk

Jy het uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede, met die vermoë om goeie verhoudings met kinders, jongmense, ouers, vrywilligers en kollegas te bou.

Jy is bereid om in Pierre van Ryneveld en omliggende omgewing woonagtig te wees. ’n Pastorie is beskikbaar indien nodig, en die sinodale skaal sal as riglyn vir vergoeding ge-bruik word.

Sluitingsdatum van aansoek: 4 September 2026.

Diensaanvaarding: Onderhandelbaar.

Kontak admin@pvr.co.za om die aansoekvorm te ontvang.

Vir navrae, kontak Henk Janse van Rensburg by 082 336 7555 (henk@pvr.co.za).

Webwerf: www.pvr.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top