Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Elders gesien: Kan die kruis ook ’n vorm van protes wees?

“Waarom bly die kruis, byna twee millennia ná Christus se kruisdood, een van die mees herkenbare en betekenisvolle simbole ter wêreld?” Só vra die omroeper Jannie Pelser aan sy gaste in die ateljee prof. Fanie Snyman, die voormalige dekaan van die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat, prof. Hennie Stander, emeritus […]

Elders gesien: Kan die kruis ook ’n vorm van protes wees? Lees verder

Nuus
AJ Maree neem op 1 November oor as Loof die Here-aanbieder. Foto: Verskaf

Elders gesien: RSG se Loof die Here-program kry nuwe stem

“Musiek het die besondere vermoë om te praat wanneer woorde soms kortskiet. As een luisteraar ná ’n uitsending bietjie meer hoopvol, rustig, dankbaar of bewus van God se genade is, dan is ons op die regte koers.” So sê AJ Maree, ’n toegewyde musiekliefhebber, wiskunde-onderwyser en koordirigent wat vanaf Sondag 1 November 2026 RSG se

Elders gesien: RSG se Loof die Here-program kry nuwe stem Lees verder

Nuus
“Hoe kan ons getuig oor die lewende Christus sodat ons omgewing en gemeenskappe ’n getuienis is van God se voorkeurtoekoms?” wou dr Frederick Marais by 'n onlangse slypskool vir "plaaslike publieke getuienis" by deelnemers weet.

Plaaslike verkiesing (4 November): ‘Gemeentes is nie eilande nie’

“As ons nie uit die siklus van apatie kom nie, het ons nie invloed nie,” was een van die gevolgtrekkings onder deelnemers aan ‘n eendag-slypskool wat op 21 September op Ceres by NG Kerk Ceres aangebied is. In aanloop tot die munisipale verkiesing op 4 November het dr Frederick Marais van Hugenote Kollege se Sentrum

Plaaslike verkiesing (4 November): ‘Gemeentes is nie eilande nie’ Lees verder

Nuus
Foto's: Verskaf

Elders gesien | Clanwilliam-gemeente 200: ‘Tot hiertoe het die Here ons gehelp’

Op 26 September is dit 200 jaar sedert die NG Gemeente Clanwilliam van Tulbagh-gemeente afgestig het. “Ons gemeente is vandag deel van ’n baie diverse geloofsgemeenskap waarin ons poog om deur sterk ekumeniese bande die gemeenskap te dien”. So vertel Jacques Greyling, wat sedert 2009 hier leraar is. Hy deel ook foto’s van hulle feestelike

Elders gesien | Clanwilliam-gemeente 200: ‘Tot hiertoe het die Here ons gehelp’ Lees verder

Nuus
“As ek eerlik is” is vandeesmaand een van twee nuwe NG kerkliedere wat GROOTfm se gewilde Gospel Top 10-trefferlys gehaal het. Die ander lied is “Nuwe drome”. Foto: Adriaan Labuschagne

‘Eerlike lied oor broosheid’ op trefferlys saam met een oor nuwe drome

“As ek eerlik is” is vandeesmaand een van twee nuwe NG kerkliedere wat GROOTfm se Gospel Top 10-trefferlys gehaal het. Die ander lied is “Nuwe drome”. “As ek eerlik is” word gesing deur Deon Meiring, mede-liedskrywer, terwyl Neil Büchner “Nuwe drome” sing. Dit is twee van vier liedere wat einde Augustus tydens die NG Kerk

‘Eerlike lied oor broosheid’ op trefferlys saam met een oor nuwe drome Lees verder

Nuus
cmr
By CMR Noord se damesoggend op 5 September het Ronellé Foster (regs), skrywer van Kanker het my lewe gered, haar hartroerende reis van hopelose omstandighede na ’n vervullende lewe en loopbaan gedeel. By haar is Ronel Aylward, algemene bestuurder van CMR Noord. Foto: Tioné Maritz

Elders gesien | Skrywer deel lesse uit kankerreis by vroue-oggend

Daar was mooi tafels, interessante serpe, musiek asook stories wat mens diep geraak het – en selfs ’n skilpad wat ’n saal vol vroue aan die dans gekry het. CMR Noord se damesoggend op Saterdag 5 September by NG Kerk Stellastraat was van die eerste koppie tee af ’n besonderse kuier skryf Nici Harmse. Martie

Elders gesien | Skrywer deel lesse uit kankerreis by vroue-oggend Lees verder

Nuus

Kollig-podsending | Hoe help die Enneagram my as dominee?

’n Wye verskeidenheid hulpmiddels is in die domein van selfkennisprogramme beskikbaar. Die Enneagram, ’n persoonlikheidstipe-model met antieke oorsprong, wek die afgelope klompie jare toenemend belangstelling. Ook onder predikante. Lees ook: Wysheid van die Enneagram ontgin sonder om rigied te wees Ds Maartje van der Westhuizen is een van talle wat opgelei is om die Enneagrammodel

Kollig-podsending | Hoe help die Enneagram my as dominee? Lees verder

Nuus
Ds Johann Symington is ná ’n lang siekbed aan hartversaking oorlede, het sy jongste dogter Suna Symington op Dinsdag 8 September aan Kerkbode gesê. Foto: Verskaf

Johann Symington sterf: ‘Hy het ons geleer om die mooi raak te sien’

Johann Symington, die bekende predikant en skrywer wat op sy dag ondermeer ook TV-aanbieder en Kerkbode-redakteur was, is op 78 oorlede. Symington is ná ’n lang siekbed aan hartversaking oorlede, het sy jongste dogter Suna Symington op Dinsdag 8 September aan Kerkbode gesê. Sy vrou Hennie is in Maart vanjaar oorlede. Die egpaar was die

Johann Symington sterf: ‘Hy het ons geleer om die mooi raak te sien’ Lees verder

Nuus
Op Vrydag 28 Augustus was Adri Vlok, Sutherland se boervrou-dominee, druk besig by die bedrywige vleistafel – ’n gewilde instelling by hulle gemeente se jaarlikse basaar saam met die NG Gemeente Stellenberg in Bellville. Sy en ander vertel hierdie manier van handevat werk. Foto’s: Heléne Meissenheimer

Basaargenade wat werk! Kaapse makrogemeente ontvang Karoo-gemeente wat skaapvleis, vriendskap en opblaasplanetarium saambring

Toe Sutherland en Stellenberg onlangs saam basaar hou, ontdek Heléne Meissenheimer ’n wen-wen manier van handevat tussen gemeentes. Op Vrydag 28 Augustus het lidmate van die NG Gemeente Sutherland met bakkievragte Karoo-skaapvleis, emmers vol koekies en ander produkte in Bellville kom basaar hou. Nog voor ds Adri Vlok se amen die verrigtinge om vieruur amptelik

Basaargenade wat werk! Kaapse makrogemeente ontvang Karoo-gemeente wat skaapvleis, vriendskap en opblaasplanetarium saambring Lees verder

Nuus

Stemme, stories en beelde vanaf SAAMtrek by Goudini (24-28 Aug)

PredikanteSAAMkoms 2026 vind 24-28 Augustus by Goudini in die Wes-Kaap plaas. Dit is die eerste geleentheid van sy soort in meer as twee dekades en word deur sowat 700 NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon.  Laai die nuwe liedere hier AF Lees jy hierdie op die Kerkbode-app? Lees eerder via jou webblaaier deur HIER te

Stemme, stories en beelde vanaf SAAMtrek by Goudini (24-28 Aug) Lees verder

Nuus

Elders gesien | Hugenote Kollege bied aanlyn inligtingsessie (3 en 17 Sept) vir voornemende Bedienaars in die NG Kerk 

Hugenote Kollege berig onlangs as volg: Het jy ’n roeping, maar kon nooit daardie roeping ten volle uitleef nie? Of het jy dalk ’n passie, iets of iemand wie die Here op jou hart lê, maar jy is nie seker waar om te begin nie? Sien jy dalk ’n uitdaging of ’n geleentheid in jou

Elders gesien | Hugenote Kollege bied aanlyn inligtingsessie (3 en 17 Sept) vir voornemende Bedienaars in die NG Kerk  Lees verder

Nuus
durbanville gemeente 200
Die NG Kerk Durbanville Moedergemeente vier vanjaar 200 bestaansjare ondermeer met ’n feesboek en video wat hierdie Kaapse gemeente se storie vanaf ossewa tot Fortuner-dae vertel. Joernalis Lizelle de Bruin en dr Andrew Kok het tydens die bekendstelling vertel hoe ’n moeilike proses hierdie projekte was. Foto's: Wilmi Wheeler, KaapKerk

Durbanville se ‘moeder’ word 200 | Mikrogeskiedenis van makrogemeente knap vertel

Op Saterdagaand 1 Augustus is ’n feesboek en video bekend gestel wat op knap wyse ’n voorstedelike Kaapse gemeente se storie vanaf ossewa tot Fortuner-dae oor 200 jaar vertel.   Die NG Kerk Durbanville is die 16de gemeente in die NG Kerk om die 200-jaar kerf te haal en die 11de in die streeksinode van

Durbanville se ‘moeder’ word 200 | Mikrogeskiedenis van makrogemeente knap vertel Lees verder

Nuus

Kollig-podsending | ‘Hierdie byeenkoms is doelbewus anders …’ – hoekom is die 2026 PredikanteSAAMkoms nodig?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? LEES OOK: Mediarubriek | PredikanteSAAMkoms 2026: Wat

Kollig-podsending | ‘Hierdie byeenkoms is doelbewus anders …’ – hoekom is die 2026 PredikanteSAAMkoms nodig? Lees verder

Nuus
Anandie
Ds Anandie Greyling. Foto: Verskaf

Elders gesien | Ontmoet Anandie, die Wes-Kaap se nuwe PSD vir gemeentebediening

“Anandie Greyling droom daarvan dat gemeentes nie eers hoef te wag totdat daar ’n krisis is voordat iemand langs hulle kom staan nie. Dat hulle hul oë sal inoefen om raak te sien waar God besig is, die Godstories in hul eie gemeenskappe sal vier en met geloofsmoed nuwe moontlikhede sal ondersoek,” skryf Wilmi Wheeler

Elders gesien | Ontmoet Anandie, die Wes-Kaap se nuwe PSD vir gemeentebediening Lees verder

Nuus

Elders gesien | Kerkmusici, orrelliefhebbers én nuuskieriges almal welkom by orrelsimposium in September

Die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging (SAKOV) nooi orreliste én liefhebbers van orrelmusiek, wat insluit kerkmusici, akademici en nuuskieriges, almal uit na sy Vierde Nasionale Orrelsimposium wat van 3 tot 5 September 2026 in dorpe soos Stellenbosch en die Paarl in die Kaapse Wynland aangebied word. Konserte, meesterklasse, praktiese werksessies sowel as ’n solisoptrede van die

Elders gesien | Kerkmusici, orrelliefhebbers én nuuskieriges almal welkom by orrelsimposium in September Lees verder

Nuus
Die skrywer en kampvegter vir vroueregte, Bettina Wyngaard (middel), wat ook voorsitter was van die Andrew Murray Desmond Tutu-Prysfonds, is Vrydag 23 Julie oorlede. Foto: Kerkbode-argief

Skrywer en kampvegter vir vroue sterf

Die skrywer en kampvegter vir vroueregte, Bettina Wyngaard, wat ook voorsitter was van die Andrew Murray Desmond Tutu-Prysfonds, is Vrydag 23 Julie op 55 oorlede. Sy het kanker gehad.  Sy is onder meer die bekroonde skrywer van boeke soos “Troos vir die gebrokenes” en “Onverskrokke vroue: Uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag”.  Kerkbode

Skrywer en kampvegter vir vroue sterf Lees verder

Nuus
'n Handjievol geloofsleiers het Dinsdag 30 Junie vir gebed en stil protes op die trap van die Anglikaanse St George-katedraal vertoef terwyl protes-aksie teen onwettige migrante verder op met Waalstraat plaasgevind het.

Optogte teen onwettige burgers: Klein groepie geloofsleiers bied stil protes

“Ons leef daagliks in vrees,” het Zodwa Booi, ’n Wes-Kaapse leier van Operation Dudula op Dinsdag 30 Junie verduidelik oor haar organisasie se energieke teenstand teen onwettige immigrante. Booi verwerp die stelling dat dit ’n veralgemening is om te beweer dat veral buitelanders misdaad pleeg. Sy gee wel toe dat Suid-Afrikaners ook hulself op groot

Optogte teen onwettige burgers: Klein groepie geloofsleiers bied stil protes Lees verder

Nuus
Lede van verskillende geloofsgemeenskappe waaronder Groote Kerk se fokus was op die bediening van kos en water asook items soos doeke aan vroue met babas. Foto’s en video: Le Roux Schoeman

Die lang wag op die bus terug na Zimbabwe: Geloofsgemeenskappe bied bystand in Kaapstad

In snerpende koue het meer as 1300 mense Maandagaand (29 Junie) by die Departement Binnelandse Sake se Vlugtelingverwelkomingsentrum in Epping, Kaapstad op repatriasie na Zimbabwe gewag. Enkele ure voor Dinsdag 30 Junie se optogte teen ongedokumenteerde migrante was die atmosfeer gespanne, maar ordelik. Lede van verskillende geloofsgemeenskappe se fokus was op die bediening van kos

Die lang wag op die bus terug na Zimbabwe: Geloofsgemeenskappe bied bystand in Kaapstad Lees verder

Nuus
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het Maandag 'n dringende beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vreedsaam op te tree te midde van betogings beplan vir 30 Junie teen ongedokumenteerde immigrante. Foto: SARK

Elders gesien | Kerkleiers doen beroep vir vreedsame en beheersde optogte op 30 Junie

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het Maandag ‘n dringende beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vreedsaam op te tree te midde van betogings beplan vir 30 Junie teen ongedokumenteerde immigrante.  In ‘n verklaring (sien onderaan) erken die kerkleiers dat gemeenskappe se kommer oor werkloosheid, misdaad, swak dienslewering en migrasie werklik is, maar waarsku dat frustrasie

Elders gesien | Kerkleiers doen beroep vir vreedsame en beheersde optogte op 30 Junie Lees verder

Nuus

Ongedokumenteerde burgers van ander lande: Vrees en koue buite Zim-konsulaat

Honderde mense, waaronder babas en bejaardes, het te midde van swaar reën Sondagoggend (28 Junie) buite die Zimbabwiese konsulaat in Kaapstad op busse gewag in die hoop op repatriasie. Meer agtergrond: Die afgelope weke het verskeie ekumeniese liggame hulle stem laat hoor oor die groeiende spanning, dreigende geweld en vyandigheid teenoor ongedokumenteerde burgers van ander

Ongedokumenteerde burgers van ander lande: Vrees en koue buite Zim-konsulaat Lees verder

Nuus

Kollig-podsending | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is die skrywer van die boek,

Kollig-podsending | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg? Lees verder

Nuus
Regina Nauses, wat in 2016 bevestig is as die NG Kerk in Namibië se eerste plaaslik opgeleide vrouestandplaasleraar, is in Junie oorlede. Foto: Le Roux Schoeman

Elders gesien | NG Kerk in Namibië onthou Regina Nauses, eerste vrouestandplaasleraar van San-gemeente

“Vriende – Dit is met groot hartseer dat ons u inlig dat ons geliefde suster Ds. Regina Nauses van oggend oorlede is. Dra asseblief vir haar man en familie en die Wildevy gemeente op aan die Here.” So het Andries Gous van Degnos Bediening op 16 Junie in hulle Whatsapp-groep die hartseer nuus gebreek dat

Elders gesien | NG Kerk in Namibië onthou Regina Nauses, eerste vrouestandplaasleraar van San-gemeente Lees verder

In Memoriam Nuus
Scroll to Top