Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Michelle van Tonder, leraar van NG Gemeente Kempton-Kruin, is op 26 Oktober verkies as moderator van Hoëveld Sinode. Foto's: Le Roux Schoeman

Hoëveld Sinode Dag 1: Michelle van Tonder as moderator verkies

Ds Michelle van Tonder is verkies as moderator van Hoëveld Sinode wat 101 gemeentes in 14 ringe verteenwoordig. Die leraar van NG Gemeente Kempton-Kruin volg dr Tom Smith op en het tydens die eindronde van die stemmery op 26 Oktober meer stemme as ds Jeanine Stoffberg gekry. “Ek maak baie staat op julle hulp,” het Van Tonder aan die sowat 174 afgevaardigdes in ’n saal by Weesgerus buite Modimolle gesê. “Ek is hier om saam met julle te leer. Ek glo dat die Here mens toerus vir dit waartoe Hy jou roep. Dankie vir die geleentheid.”

Die vergadering duur tot 28 Oktober. Volg kerknuus vanuit die sinode op ons webwerf. 

Dr Tom Smith, uittredende moderator (regs) en ds Hannes Windell (skriba).

Ds Van Tonder neem op Maandag 26 Oktober stelling in om die vergadering te lei. Links van haar is ds Jeanine Stoffberg en regs, dr Tom Smith.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Gesels saam

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Scroll to Top