Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 06 November 2026)

BEROEP

Prop M (Marike) de la Rey na Soutpansberg; ds V (Van Wyk) Fischer van Silvertonkruin na Lyttelton-Noord; prop T (Tiaan) Pretorius van Saldanha na Kempton-Kruin.

AANVAAR

Ds HP (Ronel) Coertzen van Fouriesburg na Rustenburg-Suid.

NOORDELIKE

BEROEP

Hiermee wil die kerkkantoor en skriba van NG Gemeente Soutpansberg, in die Ring van Louis Trichardt, graag die goeie nuus met u deel dat ons kerkraad, na afloop van ’n beroepingsvergadering gehou op 03.11.2026, vir proponent Marike de la Rey beroep het. Die vakante leraarspos in ons gemeente is dus hiermee gevul. (Hermari Venter, skriba: NG Gemeente Soutpansberg, 05.11.2026).

AANVAAR 

Ds Ronel Coertzen het die beroep na NG Gemeente Rustenburg-Suid aanvaar en word bevestig op Sondag 1 November. (Ds EJ Leach, konsulent: NGK Proteapark, 23.10.2026).

HOËVELD

BEROEP

Ek laat weet hiermee dat NG Gemeente Kempton-Kruin na ons beroepingsvergadering vir proponent Tiaan Pretorius (jeugwerker by NG Gemeente Saldanha) beroep het as leraar. (Ds Ian van Niekerk, leraar: NG Gemeente Kempton-Kruin, 02.11.2026).

OOSTELIKE

BEROEP

Die NG Gemeente Lyttelton-Noord het tydens ’n beroepsvergadering op 28 Oktober 2026 vir ds Van Wyk Fischer van NG Gemeente Silvertonkruin beroep na ons gemeente. (Susan Schwartz, kerkkantoor: Omgeekerk Lyttelton-Noord, 29.10.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.