Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Permanente voltydse predikant
Sluitingsdatum: 25 Januarie 2027.
Gemeenteprofiel:
Lorraine-gemeente streef daarna om liefde te leef tot eer van God. Die bedieningsfokus van die gemeente lê by dissipelskap, geestelike groei van alle lidmate, verhoudings bou tot ’n gesonde gemeenskap, sowel as ’n diep bewustheid dat ons geseën word om ander te seën.
Lorraine-gemeente is geleë in ’n groeiende woonbuurt van Port Elizabeth (Gqeberha). Die gemeente bestaan uit 1 516 belydende lidmate en 406 dooplidmate. Die gemeente word deur twee voltydse leraars bedien, waarvan een aan die einde van Augustus 2027 aftree, na 36 bedieningsjare in ons gemeente.
Leraarsprofiel:
Lorraine-gemeente wil graag ’n leraar beroep wat met geloof, wysheid en inisiatief saam met ons wil bou aan ’n lewenskragtige gemeente, waar mense van alle generasies tuis kan voel, geestelik kan groei en deur volgehoue gemeentelike betrokkenheid ’n betekenisvolle verskil in die gemeenskap kan maak.
Enige gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat die volgende roeping het, word uitgenooi om biddend aansoek te doen:
- ’n Duidelike roeping tot die bediening en ’n lewende verhouding met God het.
- Die Woord Skrifgetrou, helder en met insig kan verkondig.
- ’n Hart het vir mense en sterk pastorale en kommunikasie vaardighede besit.
- Met wysheid, nederigheid en inisiatief leiding kan gee.
- Gemaklik verskillende ouderdomme en generasies kan bedien.
- Formele en informele erediensstyle met sorg kan hanteer, en ontvanklik is vir vernuwing met respek vir die gemeente se gereformeerde tradisie.
- Musiek en ander kreatiewe middele as deel van die erediensbediening gebruik.
- Ervaring in musiekbediening, multimedia en die begeleiding van gemeentelike vernuwing sal tot ’n kandidaat se voordeel strek.
Verantwoordelikhede:
Die leraar sal die verantwoordelikhede van ’n predikant soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde behartig. Dit sluit onder meer in:
Voorbereiding en leiding van eredienste, prediking en sakramentsbediening; pastorale en herderlike versorging van lidmate; geloofsvorming, Bybelstudie en toerusting van lidmate; behartiging van huwelike, begrafnisse, tuis- en hospitaalbesoeke.
Samewerking met medeleraar, kerkraad en die gemeente aan sterk verhoudings, dissipelskap en volhoubare gemeentelike ontwikkeling.
Vergoeding:
- Salaris: Volgens NG sinodale riglyne.
- Byvoordele: huissubsidie, pensioen, medies, motortoelae, ens sal met die kerkraad onderhandel word.
Aansoek:
Stuur asseblief die volgende na: kiclorraine@gmail.com:
- Volledige CV (maks twee bladsye) met drie onlangse referente.
- ’n Dekbrief (maksimum 500 woorde) waarin verduidelik word waarom aansoek gedoen word vir die vakature.
- Myers Briggs Personality Test: https://www.16personalities.com/free-personality-test moet asb voltooi word en aansoek vergesel.
Neem asb kennis:
- ’n Kortlys van kandidate sal genooi word vir in-persoon of aanlyn onderhoude.
- Daar mag verder van kortlyskandidate verwag word om ’n preekgeleentheid en / of finale onderhoud by te woon in persoon.
- Deur die indiening van ’n CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, gebruik kan word vir die keuringsproses.
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2027.
Ons glo dat die Here reeds besig is om die regte persoon voor te berei om hierdie roeping te aanvaar. Mag Hy ons lei om die predikant te beroep wat Hy vir Lorraine-gemeente uitgekies het.
Skakel gerus die volgende persone vir verdere navrae:
- Danike Wasserman – 082 927 6226 (pre-advies voorsitter).
- Jordaan Roelofse – 063 406 6035 (pre-advies ondervoorsitter).
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
