Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)

BEROEP

Ds AS (Armandt) Botha van NHK Groeneweide, Boksburg na Fraserburg; ds FduT (Floris) Lategan van Grootrivier na Upington-Noord; ds K (Karlie) Liebenberg na Bredasdorp; prop N (Natasha) ten Krooden as diensleraar na Vanderkloof, Petrusville en Petrusville-Uitsig.

AANVAAR

Ds K (Karlie) Liebenberg na Bredasdorp; ds FE (Frikkie) Marais van Napier na Wakkerstroom; ds FC (Tiaan) Victor van Standerton-Wes na Die Strand.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Graag stel ons julle in kennis dat ds Armandt Botha van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Groeneweide op die kerkraadsvergadering van 17 Sep 2026 van NG Kerk Fraserburg beroep is. (Mariet van Wyk, skriba/kassier: NG Kerk Fraserburg, 05.10.2026).

BEVESTIGING

Ds Karlie Liebenberg is op 30 Augustus 2026 beroep na die NG Gemeente Bredasdorp in ’n deeltydse leraarspos. Sy het die beroep aanvaar en is op 13 September 2026 tydens ’n erediens in die gemeente bevestig. (Ds Pieter Nel, skriba: Ring van Caledon, 18.09.2026).

Ds Lisa Holtzhausen is op Sondag 04 Oktober 2026 by ons in NG Kerk Kamieskroon bevestig. Sy is deur ds Piet Retief van Garies NG Kerk, ons konsulent, bevestig. Sy was voorheen by Ellisras-Wes NG Gemeente in Ellisras. Sy is nou by ons gemeente in ’n deeltydse (60%) termynpos vir twee jaar as verbi divini minister (VDM) aangestel. (AE (Koekoes) van As, diaken: NG Kerk Kamieskroon, 06.10.2026).

Ds Tiaan Victor van NG Gemeente Standerton-Wes is op Sondag 4 Oktober bevestig as leraar van NG Gemeente Die Strand. Dr Danie O’Kennedy het die bevestiging waargeneem. (Elrise Myburgh, lidmate/ontvangs: NG Gemeente Die Strand, 06.10.2026).

RINGSITTING

Die Gesamentlike Ring van Caledon het op 7 September 2026 sy ringsitting by die NG Gemeente Caledon-Moedergemeente gehou. (Ds Pieter Nel, skriba: Ring van Caledon, 18.09.2026).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Die Ring van Hanover wil u graag in kennis stel dat diensleraar Natasha ten Krooden as brugleraar beroep is in die Ring van Hanover vir Vanderkloof, Petrusville en Petrusville-Uitsig gemeentes. (Madeleine Hattingh, skriba: Ring van Hanover, 07.10.2026).

Neem asb kennis dat die kerkraad vir ds Floris du Toit Lategan van Grootrivier beroep het na NG Upington-Noord. (Sonnette Lind, skriba: NG Kerk Upington-Noord, 07.10.2026).

OOSTELIKE

AANVAAR

Dit is met groot opgewondenheid en dankbaarheid dat ons julle in kennis stel dat ds Frikkie Marais van Napier die beroep na NG Gemeente Wakkerstroom aanvaar het. (Jeandre Landman, kantoorbestuurder: NG Kerk Wakkerstroom, 05.10.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top