Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Die kerkraad van NG Kremetart in Polokwane nooi, ingevolge Artikel 9 van die Kerkorde, alle gelegitimeerdes om aansoek te doen, om op jou unieke wyse, ons te help om God se vreugde oor sy gemeente te vermeerder.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2027.
Iets oor ons gemeente:
NG Kremetart is ’n voorstedelike gemeente in Polokwane, in die Limpopo-provinsie.
Vier “G”s rig ons, naamlik: Geloof, Groei, Gemeente, Gemeenskap met waardes: Deernis, Diensbaarheid, Geregtigheid, Vrede, Liefde en Hoop.
Ons gemeente is ’n gemaklike groep van verskeie ouderdomsgroepe en professies. Ons funksioneer gemoedelik saam en is ’n sosiaal gebalanseerde gemeente – kuiers Sondae na erediens met koppie tee/koffie en jaarlikse unieke lentemark.
Ons lidmate is ’n goeie verspreiding van afgetredenes, professionele, besigheids- en ambagsmense.
Ons ouderdomsprofiel is soos volg: junior jeug (71); senior jeug (36); jong werkendes/studente (49); jong werkendes (131); senior werkendes (131) en pensionarisse (277) – ’n totaal van 695 doop- en belydende lidmate.
Iets oor ons stad:
Polokwane is die hoofstad van Limpopo-provinsie. Dit is ’n pragtige deel van die land in maklike bereiking van berge, klowe, wildparke, jagplase en vakansiebestemmings – bv Die Eiland, Swadini.
Die Krugerwildtuin is naby met maklike toeganklike reise na Zimbabwe en Botswana.
Polokwane se klimaat is heerlik en matig, met somers nie te warm nie, en winters nie te koud of te lank nie.
Naby genoeg aan Pretoria as jy vinnig in die stad wil kuier, met Haenertsburg en Magoebas om die draai vir “tuinroete” ervaring.
Polokwane het goeie laer- en hoërskole, twee goeie privaathospitale en ’n nuwe groot hospitaal in aanbou, ’n hele aantal groot winkelsentrums en ’n lewendige eiendomsmark.
Tans is hier drie NG gemeentes in ons stad, en ons onderlinge samewerking is baie goed. Ons handhaaf ook goeie bande met alle ander kerke en denominasies.
Wie kan aansoek doen?
- Ons leraar moet oor ’n suiwer gereformeerde teologiese kwalifikasie beskik en hom/haar beywer vir ons verhouding met, en ons liefde vir God, vir mekaar, die gemeenskap en omgewing, en moet dit entoesiasties, verstaanbaar en kreatief in die prediking kan oordra.
- Ons leraar moet ’n liefde hê vir lofprysing soos vervat in ons Liedboek, Vonkk en FLAM.
- Ons leraar moet gemaklik wees om die bediening met jonk en oud te deel, en ons te bemagtig om netwerke van diensbaarheid te vestig.
- Ons leraar moet gemaklik wees met die gebruik van sosiale en multimedia.
- Ons hunker ten diepste na ’n leraar wat sy/haar dissipelskap met uitnemendheid sal nastreef en alle fasette van die bediening sal uitleef.
Ons nooi jou graag om aansoek te doen om die volgende leraar van NG Kremetart te word.
Vergoeding en voordele:
- Volledige pakket is onderhandelbaar met die sinodale skale as riglyn.
- ’n Pastorie of ’n verblyftoelaag is beskikbaar.
Diensaanvaarding: Die pos is beskikbaar vanaf 1 Augustus 2027.
Aansoek:
- Ons sal jou CV deeglik oorweeg en mag dan besluit om jou vir ’n onderhoud en/of ’n preekbeurt te nooi.
- Stuur gerus jou CV van nie langer nie as drie (3) bladsye na ngkremetart@lantic.net
- Ons sal ook graag die name en kontakbesonderhede van drie referente ontvang.
- Die datum vir diensaanvaarding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.
Navrae:
- Johan van Huyssteen (voorsitter) 083 445 1949.
- Cielie Theunissen (kantoor) 082 597 6908 / 015 295 8849.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.
