Ontmoetings langs die pad wys iets van die pelgrim se etos: oop vir die oomblik, oop vir ander
“Yes we need prayer!” klink dit op … Toe lees ds Gert Nothnagel vir ons – stappers en soldate – voor uit die Bybel en ons bid en sing saam. Dié spontane oomblik van konneksie het vroegdag plaasgevind toe ’n groep soldate by dieselfde gasteplaas oorgeslaap as die groepie stappers waarvan Kerkbode vandeesweek deel is. […]






















