Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Dit was toe Marlé van Heerden saam met haar musiekspan lostrek met ’n loslitkoortjie in Afrikaans dat, soos dr Nioma Venter vertel, allerhande mure begin tuimel het. Foto: Videoskermgreep

Die Sondag toe 4 000 God in Soweto (ook) in Afrikaans prys

Om dit te kon beleef het haar weer laat glo dat geloof ’n transformerende krag kan wees in ons land se reis na genesing. Só vertel dr Nioma Venter, algemene sekretaris van die NG Kerk aan Heléne Meissenheimer.

Venter verwys na die nasionale gebedsdag wat die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) vir Sondag 22 Junie gereël het.

Lees ook: WRK: Deelname is NGK se geleentheid om te getuig, genees en te verbind

Sy en moderator ds Jan Lubbe het saam met kerkleiers van verskillende kerkgroepe boodskappe van hoop, heling en versoening gebring by ’n stampvol Grace Bible Church.

Die dag se tema was “Confronting the past: Building a reconciled society for restoration and dignity”.

Biskop Sithembele Sipuka, SARK-president het in sy boodskap gepraat oor die spesiale rol wat die kerk kan speel om ’n samelewing te bou waar almal welkom voel. So het die Wêreldraad van Kerke (WRK) berig. Sommige van die oorsese kerkleiers wat hier was vir die WRK se Sentrale Komitee se vergadering was ook daar.

Kerkleiers van verskillende kerkgroepe het boodskappe van hoop, heling en versoening gebring by ’n stampvol Grace Bible Church. Foto: Albin Hillert, WRK
Daar is gebid. Foto: Albin Hillert, WRK

Lubbe het weer in sy spreekbeurt selfrefleksie, bekentenis en vergifnis uitgelig as noodsaaklike stappe vir die Bybelse proses vir heling, herstel en heropbou. Hy het gesê dit is belangrik dat almal vir hierdie proses opdaag.

Daar is gebid. En dit was toe Marlé van Heerden saam met haar musiekspan lostrek met ’n loslitkoortjie in Afrikaans dat, soos Venter vertel, allerhande mure begin tuimel het. In ’n video wat Van Heerden se dominee-man, Schalk, op sosiale media gedeel het kan gesien word die hele gehoor was op hulle voete, dansend aan die saam sing “die liefde van Jesus is wonderbaar”. Sy moes selfs toe hulle klaar was, terugkom om dit weer te sing.

Venter sluit af dat niks gelowies kan verenig soos aanbidding van Jesus nie … “nou moet ons maniere vind om ons gebede hande en voete te gee”.

  • Dr Nioma Venter is ook ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Die Sondag toe 4 000 God in Soweto (ook) in Afrikaans prys”

  1. Willie Greeff

    Wat ‘n vreugde dat mense in RSA so kan saambid en heerlik saamsing !!

Comments are closed.

Scroll to Top