Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Samantha Chamberlain

Dagstukboek daag leser uit ‘om dieper oor geloof te dink’

Meer van U, Heer deur Farren Cloete Uitgewer: Lux Verbi, 2026 Resensent: Samantha Chamberlain Farren Cloete se Meer van U, Heer is ’n dagstukkieboek wat maklik lees, maar jou terselfdertyd uitdaag om dieper oor jou geloof na te dink. Luister ook hierdie Kollig-podsendinggesprek: Luister | ‘In my andersheid het God my geroep’ – Farren Cloete oor […]

Dagstukboek daag leser uit ‘om dieper oor geloof te dink’ Lees verder

Boeke
Ds Maartje van der Westhuizen is verkies as voorsitter van Oostelike Sinode se oorsigliggaam tussen sinodes, die Sinodale Diensraad. Foto: Johanette de Bruin

In gesprek met Maartje van der Westhuizen (Oostelike): Nuwe styl van vergader, aanhou luister en praktiese hulp vir gemeentes

Oostelike sinode se onlangse saamkoms is verby. Heléne Meissenheimer (HM) vra die nuutverkose voorsitter, ds Maartje van der Westhuizen (MvdW), na haar indrukke oor die afgelope sinodevergadering gehou van 15-17 Oktober.   HM: Hierdie sinodevergadering wou meer luister en minder debat doen. Wat is julle terugvoer vir ander rondom die inbring van wegbreeksessies en meer

In gesprek met Maartje van der Westhuizen (Oostelike): Nuwe styl van vergader, aanhou luister en praktiese hulp vir gemeentes Lees verder

@sinode Nuus
Ds Tienie Swanepoel is verkies as nuwe voorsitter van die sinodale kommissie van Noord-Kaapland, hierdie streek se oorsigliggaam tussen sinodevergaderings wat tweejaarliks gehou word. Foto: Heléne Meissenheimer

In gesprek met Tienie Swanepoel (Noord-Kaapland): Lesse geleer oor debat en diakonaat

Die NG Kerk in Noord-Kaapland se sinodevergadering is gehou van 12-15 Oktober in Kimberley. Heléne Meissenheimer (HM) vra ds Tienie Swanepoel (TS), hulle nuutverkose voorsitter, oor die lesse geleer en die sinode se prioriteite vir die volgende paar jaar.   HM: Ek is verras met die sinode se besluit om geldelike ondersteuning na Caritas Gemeenskapfokus

In gesprek met Tienie Swanepoel (Noord-Kaapland): Lesse geleer oor debat en diakonaat Lees verder

@sinode Nuus
Afgevaardigdes het met ’n meerderheidstem goedgekeur dat die kerk se geldelike ondersteuning aan Caritas Gemeenskapfokus hersien word. Die sinodale kommissie vir diens en getuienis (SKDG) is hiermee getaak. Foto's: Heléne Meissenheimer

NG Kerk Noord-Kaapland | Dag 3: Sinode slaan nuwe koers in met samewerking tussen gemeentes en Caritas

“As mense by ’n betekenisvolle konsensus uitkom, moet ’n mens dit raaksien, maar ons moet dit ook nie romantiseer nie want dit het met pyn en opoffering gepaard gegaan.” Só het dr Nioma Venter, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, laatoggend opgemerk op die derde dag van die sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland. Sy

NG Kerk Noord-Kaapland | Dag 3: Sinode slaan nuwe koers in met samewerking tussen gemeentes en Caritas Lees verder

@sinode Nuus
Prof Marius Nel Nel meen: Hoewel mense toenemend nie meer elke Sondag kerk toe gaan nie dink hulle nie aan hulleself as kerklos nie. Navorsing wys daar is by baie mense ’n diep soeke na outentieke ontmoetings met God wat nie deur tegnologie gefasiliteer word nie. Foto: Helene Meissenheimer

Marius Nel: Opname vertel ook van diep soeke na outentieke ontmoetings met God

Die belang van interpersoonlike verhoudings, vrae oor nuwe soorte teologiese opleiding en ’n tekort aan vakkundigheid op kerkrade … Dit is drie van die temas in ’n praatjie oor belangrike tendense in die kerk wat prof Marius Nel op 14 Oktober by die NG Kerk in Noord-Kaapland se sinodesitting op Kimberley gelewer het. Heléne Meissenheimer

Marius Nel: Opname vertel ook van diep soeke na outentieke ontmoetings met God Lees verder

Nuus
Die eerste taak op die tweede dag van die NG Kerk Noord-Kaapland se sinodesitting was om ’n ondervoorsitter te verkies. Leonie Pistorius van die NG Gemeente Upington-Wes het die meeste stemme gekry. Foto’s: Heléne Meissenheimer

NG Kerk Noord-Kaapland | Dag 2: Jan Lubbe en gaste kom dink saam oor kerkwees en samewerking + Hoe gemaak met Caritas?

Die tweede dag van die NG Kerk in Noord-Kaapland se sinodesitting het begin met die verkiesing van ds Leonie Pistorius as ondervoorsitter van die vergadering asook van die sinodale kommissie van Noord-Kaapland. Daarna het Jan Lubbe, die moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, die groep predikante en ouderlinge gevra om na te

NG Kerk Noord-Kaapland | Dag 2: Jan Lubbe en gaste kom dink saam oor kerkwees en samewerking + Hoe gemaak met Caritas? Lees verder

@sinode Nuus
Ds Marais Kluge (middel) is op die eerste dag van die sinodesitting bedank en gegroet as voorsitter van die sinodale kommissie van Noord-Kaapland. Ds Tienie Swanepoel is as voorsitter van die vergadering asook hierdie oorsigliggaam verkies. Foto’s: Heléne Meissenheimer

NG Kerk in Noord-Kaapland hou sinodesitting | Dag 1: ‘My bede is dat God hier sigbaar sal word’

“Ons het nie ’n boodskap gekry dat ons ’n klein klippie moes bring nie.” Ds Thabo Pienaar staan met ’n groot rivierklip uit die Oranjerivier in sy hande. Hy het dit namens die ring van Hopetown gebring na die 23ste sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat Maandag 12 Oktober in Kimberley begin het.

NG Kerk in Noord-Kaapland hou sinodesitting | Dag 1: ‘My bede is dat God hier sigbaar sal word’ Lees verder

@sinode Nuus
Dr Zweli Mkhize (sittend middel voor) was die gasspreker tydens ’n Godsdiensvryheid Imbizo gehou op 3 Oktober by Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad. Foto's: Heléne Meissenheimer

Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop

“There’s a distinction between regulating unlawful conduct and regulating religion itself.” Só het die DA parlementslid Andrew Bateman onlangs vir ’n groep Christelike geloofs- en tradisionele leiers gesê wat in die Kasteel die Goeie Hoop saam was. Bateman was een van 11 sprekers wat op Saterdag 3 Oktober genooi was na ’n Godsdiensvryheid Imbizo met

Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop Lees verder

Nuus
Die Bybel maak sang nie opsioneel nie, skryf dr Riaan Steyn in ’n nuwe boek oor die sterk samehang tussen teologie en musiek. Foto's: Adriaan Labuschagne

‘Die dag van my musiekbekering’ – skrywer gesels oor kerkmusiek as Godsontmoeting

Die Bybel maak sang nie opsioneel nie, skryf dr Riaan Steyn in ’n nuwe boek oor die sterk samehang tussen teologie en musiek. Hy vertel aan Heléne Meissenheimer wat hy ontdek het rondom musiek tydens die erediens. Ons gesprek kom kort na die uitreik van sy eerste boek, Vyfde Evangelie: Van kerkmusiek na Godsontmoeting: Rigtingwysers

‘Die dag van my musiekbekering’ – skrywer gesels oor kerkmusiek as Godsontmoeting Lees verder

Artikels

Van die kantlyn af | Wat ’n nat stap in ’n bos saam met tieners jou leer …

Onlangs op ’n nat lenteoggend het ek en vier grootmense saam met 11 tieners deur ’n digte bos aan Tafelberg se hang ’n staproete probeer raak stap. Dit was koud. Bo die hoë bloekom- en denneboomtoppe was grys wolke wat ons af en toe nat drup. Onder ons tekkies en stapskoene was rotse en boomwortels

Van die kantlyn af | Wat ’n nat stap in ’n bos saam met tieners jou leer … Lees verder

Rubrieke
Vier nuwe kerkliedere is bekendgestel tydens die 2026 PredikanteSAAMkoms wat van 24 tot 28 Augustus by die Goudini-vakansieoord in die Boland gehou is. Dit kan op Bybel-Media se webblad afgelaai word. Foto: Le Roux Schoeman

Goudini: ‘Genade in die saamsing … en baie daarvan’

Die 2026 PredikanteSAAMkoms het honderde dominees en diensleraars genooi om te kom ontspan, saam te aanbid en te leer. Hoe het deelnemers dit ervaar? vra Heléne Meissenheimer. Die sanger Jo Black vertel hy het in kroeë begin musiek maak na hy gehoor het iemand maak na ’n kerkdiens die opmerking dat sy niks gevoel het

Goudini: ‘Genade in die saamsing … en baie daarvan’ Lees verder

Artikels
Op Vrydag 28 Augustus was Adri Vlok, Sutherland se boervrou-dominee, druk besig by die bedrywige vleistafel – ’n gewilde instelling by hulle gemeente se jaarlikse basaar saam met die NG Gemeente Stellenberg in Bellville. Sy en ander vertel hierdie manier van handevat werk. Foto’s: Heléne Meissenheimer

Basaargenade wat werk! Kaapse makrogemeente ontvang Karoo-gemeente wat skaapvleis, vriendskap en opblaasplanetarium saambring

Toe Sutherland en Stellenberg onlangs saam basaar hou, ontdek Heléne Meissenheimer ’n wen-wen manier van handevat tussen gemeentes. Op Vrydag 28 Augustus het lidmate van die NG Gemeente Sutherland met bakkievragte Karoo-skaapvleis, emmers vol koekies en ander produkte in Bellville kom basaar hou. Nog voor ds Adri Vlok se amen die verrigtinge om vieruur amptelik

Basaargenade wat werk! Kaapse makrogemeente ontvang Karoo-gemeente wat skaapvleis, vriendskap en opblaasplanetarium saambring Lees verder

Nuus

Sy het ’n konsentrasiekamp in die Suid-Vrystaat oorleef en haar dagboek is aangrypend

Bethulie: My lewe in die kamp deur Rensche van der Walt Uitgewer: Tafelberg Uitgewers, 2026 Resensent: Jan de Man Die Anglo-Boereoorlog breek in Oktober 1899 uit tussen Brittanje en die twee Boererepublieke, die ZAR en die Vrystaat. In Februarie 1900 begin die Britse magte die Boererepublieke binnedring. In dié tyd vaardig Lord Roberts, die Britse

Sy het ’n konsentrasiekamp in die Suid-Vrystaat oorleef en haar dagboek is aangrypend Lees verder

Boeke
Heléne Meissenheimer besoek NG Gemeente Colesberg en ontdek 'n storie van 200 jaar van genade, gemeenskap en getrouheid. Foto's: Adriaan Labuschagne

Gemeente in die Karoo vier 200 jaar: Hoe lyk ‘Leef Jesus se liefde’ op Colesberg?

Wat maak ’n 200 jaar oue Karoo-gemeente anders? By die NG Gemeente Colesberg lyk dit asof die antwoord vir baie lidmate lê in hulle gemeente se leuse: “Leef Jesus se liefde”. Dr Christo Herbst is nou drie jaar en 11 maande deel van hierdie gemeente. Hy verduidelik dit so: “Hoewel eredienste steeds die fokuspunt bly

Gemeente in die Karoo vier 200 jaar: Hoe lyk ‘Leef Jesus se liefde’ op Colesberg? Lees verder

Artikels
durbanville gemeente 200
Die NG Kerk Durbanville Moedergemeente vier vanjaar 200 bestaansjare ondermeer met ’n feesboek en video wat hierdie Kaapse gemeente se storie vanaf ossewa tot Fortuner-dae vertel. Joernalis Lizelle de Bruin en dr Andrew Kok het tydens die bekendstelling vertel hoe ’n moeilike proses hierdie projekte was. Foto's: Wilmi Wheeler, KaapKerk

Durbanville se ‘moeder’ word 200 | Mikrogeskiedenis van makrogemeente knap vertel

Op Saterdagaand 1 Augustus is ’n feesboek en video bekend gestel wat op knap wyse ’n voorstedelike Kaapse gemeente se storie vanaf ossewa tot Fortuner-dae oor 200 jaar vertel.   Die NG Kerk Durbanville is die 16de gemeente in die NG Kerk om die 200-jaar kerf te haal en die 11de in die streeksinode van

Durbanville se ‘moeder’ word 200 | Mikrogeskiedenis van makrogemeente knap vertel Lees verder

Nuus
Heléne Meissenheimer is 'n joernalis by Kerkbode. Sy was een van die deelnemers by vanjaar se skryfslypskool (28-30 Julie) in samewerking met die NG Kerk se Taakspan Navorsing. Hierdie skrywe is deel van 'n reeks wat insigte uit die jongste navorsing ontgin.

Kerkspieël 2026: ‘Kleiner is nie (altyd) sterwend’

In 2026 is die grootste groep gemeentes binne die NG Kerk van Suider-Afrika dié met net 300 of minder lidmate, maar kleiner beteken nie noodwendig kwynend of sterwend nie. Daar is klein gemeentes wat selfs floreer, vertel dr Lourens Bosman aan Heléne Meissenheimer.   Dit was sy belewenis toe hy laasjaar as brugleraar eerstehandse ervaring

Kerkspieël 2026: ‘Kleiner is nie (altyd) sterwend’ Lees verder

Artikels

Kollig-podsending | ‘Hierdie byeenkoms is doelbewus anders …’ – hoekom is die 2026 PredikanteSAAMkoms nodig?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? LEES OOK: Mediarubriek | PredikanteSAAMkoms 2026: Wat

Kollig-podsending | ‘Hierdie byeenkoms is doelbewus anders …’ – hoekom is die 2026 PredikanteSAAMkoms nodig? Lees verder

Nuus
Die skrywer en kampvegter vir vroueregte, Bettina Wyngaard (middel), wat ook voorsitter was van die Andrew Murray Desmond Tutu-Prysfonds, is Vrydag 23 Julie oorlede. Foto: Kerkbode-argief

Skrywer en kampvegter vir vroue sterf

Die skrywer en kampvegter vir vroueregte, Bettina Wyngaard, wat ook voorsitter was van die Andrew Murray Desmond Tutu-Prysfonds, is Vrydag 23 Julie op 55 oorlede. Sy het kanker gehad.  Sy is onder meer die bekroonde skrywer van boeke soos “Troos vir die gebrokenes” en “Onverskrokke vroue: Uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag”.  Kerkbode

Skrywer en kampvegter vir vroue sterf Lees verder

Nuus

Van die ‘groen’ kantlyn: Die water- en kragrekening van jou ‘gratis’ ChatGPT-geselsie

Het jy geweet elke ChatGPT-geselsie wat jy aanknoop, verbruik water en elektrisiteit? ’n Gesprek van so 10-50 vrae verbruik glo ongeveer 500 ml water. Dit klink miskien na min tot mens ook dink aan die miljoene mense wêreldwyd wat elke dag kunsmatige intelligensie-kletsbots soos ChatGPT gebruik. Agter hierdie flink en ywerige helpers se hoëspoed energie

Van die ‘groen’ kantlyn: Die water- en kragrekening van jou ‘gratis’ ChatGPT-geselsie Lees verder

Rubrieke
Gerhard Pietersen
Ds Gerhard Pietersen, die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, se nuwe uitvoerende hoof vertel dié organisasie het in April aan 10 000 leerders in KwaZulu-Natal Bybelgebaseerde leermateraal versprei. Dit kon gebeur danksy ’n nuwe geletterdheidsprogram in vennootskap met ander rolspelers en daar is planne om die projek ook in ander streke uit te rol. Foto's: Adriaan Labuschagne

‘Die Bybel bly tydloos’: Gesprek met skrywerpredikant wat eeue-oue Bybelorganisasie deur uitdagende tye moet lei

“Of die Bybel nou op diervelle geskryf is in antieke Midde-Ooste, of digitaal gelees word in die stad, dit bly die tydlose woord van God in mensetaal wat lewens verander.” Só sê Gerhard Pietersen, die skrywer en predikant wat einde laasjaar die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) se nuwe uitvoerende hoof geword het. Dié organisasie, ’n

‘Die Bybel bly tydloos’: Gesprek met skrywerpredikant wat eeue-oue Bybelorganisasie deur uitdagende tye moet lei Lees verder

Artikels

Predikant se eerlike traumamemoir oor plaasmoord

Wond: Plaasmoord – dis my mense deur Gerhard M Pietersen Uitgewer: Litera, 2025 Resensent: Heléne Meissenheimer Wat sê ’n mens vir iemand wie se mense vermoor is? Hoe lyk troos wanneer magtelose woede deel is van die rouproses? Gerhard Pietersen se skoonouers is in 2016 op hulle kleinhoewe in Groot-Brakrivier vermoor. Hy is die een

Predikant se eerlike traumamemoir oor plaasmoord Lees verder

Boeke
Sari for Change
Rayana Edwards-Cassim is die stigter en HUB van die klerereeks en opheffingsprojek Sari for Change. Fay van Eeden vertel meer. Foto: Verskaf

Eko-rubriek: Klere met ’n storie kan as keerwal teen kitsmode dien

“Dis darem wonderlik dat iets wat vir een persoon onbruikbaar geword het, vir ’n ander hoop kan bring,” sê ek vir my skoonma terwyl ons deur die vertoonkamer se rakke met kledingstukke loop. So tussendeur baadjies aanpas drink ons koffie saam met Rayana Edwards-Cassim. Sy is die stigter en HUB van die klerereeks en opheffingsprojek

Eko-rubriek: Klere met ’n storie kan as keerwal teen kitsmode dien Lees verder

Rubrieke Video
Scroll to Top