Kollig-podsending | ‘Ek het weer net liefgeraak vir God, die kerk, myself’ – Pelgrimstog van Hoop se eerste pelgrim wat 800 km aaneen stap
’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy ’n fikse pelgrim kan met […]




















