Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

immigrante
Eerw Mzandile Molo (links), algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het onlangs sy kommer gedeel oor die heropbou van spanning oor onwettige immigrante. Foto: Videogreep

Elders gesien | Kerkleier pleit vir kalmte te midde van spanning oor onwettige immigrante

“Te veel van ons mense leef (weens armoede) sonder hoop en wanneer dit gebeur word die ander, die immigrant die rede,” so sê eerw Mzandile Molo van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK).

Lees ook: Elders gesien: NG Kerk praat saam met kerke in Vryheidsdagverklaring oor onreg in Gasa en ‘vals narratief oor wit volksmoord in SA’

Die SARK se algemene sekretaris het onlangs op 30 April op SABC (sien video onder) sy kommer gedeel oor die heropbou van spanning oor onwettige immigrante. Die gesprek het gevolg kort na die regering se departement van internasionale betrekke en samewerking (DIRCO) se onlangse pleidooi dat Suid-Afrikaners met wetstoepassers saamwerk en nie die wet in eie hande neem teenoor onwettige immigrante nie, luidens die SABC se berig op sabcnews.com.

In die afgelope maand was daar verskeie protesoptogte regoor die land wat vra dat die regering op hierdie kwessie sal ingryp.

Molo het ondermeer gesê: “Die realiteit is ons as ’n land kan nie bekostig om kruppel gelaat te word deur die krisis nie. Ons moet kreatief daarop reageer. Ek en die SARK eggo die stemme van diegene in die gemeenskap wat vra laat ons die temperatuur afkoel. Laat ons let op ons retoriek. Dit is nie deel van die Suid-Afrikaanse psige om ander mense te verontmenslik nie”.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top