Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.
“On this Freedom Day in South Africa, a day that commemorates the end of apartheid and the birth of a democratic nation, we, representatives of the Reformed Church in America (RCA), Churches for Middle East Peace (CMEP) and the South African Council of Churches (SACC), together with our ecumenical partners, the Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA) and the Dutch Reformed Church (DRC), offer this joint statement in a spirit of solidarity, truth-telling, and faithful witness,” luidens ‘n verklaring wat ons hieronder volledig publiseer.
Joint Statement on Freedom Day_ Solidarity, Truth, and the Call to Repentance and JusticeLEES OOK: Amerikaners pleit by kerke in SA: ‘Die wêreld moet julle stem hoor, praat uit die pyn van julle geskiedenis’

Dit is jammer as die kerk haar in die politiek van die dag begeef. Ek sal net op die volgende punte reageer.
Ten opsigte van wit volksmoord word net een verslag aangehaal. Daar is ander wat tot ander gevolgtrekkings kom. Party beweer dat daar 10 stadiums van volksmoord is en dat die aanslag teen die minderhede al 7 tot 8 van die stadiums bereik het. Ons is dus verder op die pad na totale uitwissing volgens Rwanda as wat ons nie is nie. Gaan die kerk haar eers uitspreek na die uitwissing of nou om dit te probeer verhoed?
Tweedens die sogenaamde gevolge van strukturele onderdrukking van apartheid of kolonialisme. Dit is die gevolgtrekking van die progressiewe liberales, maar hou nie vandag meer water met die realiteit nie. Ek sal graag wil sien watter wette of druk van strukture verhoed die meerderheid om ten volle hulle potensiaal te bereik. Hulle het immers die mag van die staat om hulle ideale te verwesenlik. Die feit dat dit nie gebeur nie is nie die skuld van apartheid of die vorige bedeling nie, maar 100% die van die huidige regering met hulle onvermoë om vir die beswil van die hele Suid-Afrika te regeer, maar eerder vir die elitistiese gekonekteerdes deur hulle kader-ontplooingsbeleid asook korrupsie.
Hoekom maak die kerk nie haar stem hoorbaar oor die onreg tot alle inwoners nie, soos Belhar immers haar oproep nie. Nee, die kerk val in die koor van lofprysing vir die regering en is sienende blind en horende doof vir die foute van die regering. Indien die kerk haar stem verhef is dit so suutjies-suutjies dat niemand hulle daaraan steur nie. Ek vermoed dit is nog die skuldgevoel vir die meedoen aan Apartheid, alhoewel daar menigmaal vergifnis gevra is, maar self nie geglo of beleef word nie.
Die realiteit is dat die regering ‘n kommunistiese regering is wat onchristelik/demonies is, tog is die kerk stil om haar lidmate hierop te wys en weerstand te kan bied teen die aanval van Jesus en sy kerk.