- Hierdie kennisgewings is op 27 November 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop P (Pieter) de Beer as diensleraar na Elarduspark; ds DuT (Toit) Wessels van Kraggakamma na Durbanville; ds M (Marian) Friskin as tentmakerleraar na Kremetart; ds PA (André) Harmzen van SA Gemeente (Verenigde Koninkryk) na Reebok; ds JS (Kobus) Kloppers van Sederpark na Unitaspark; ds EJ (Eugene) Rautenbach voorheen van Matola, Mosambiek na Nuwerus.
AANVAAR
Prop M (Marisa) Fouché as tentmakerdiensleraar na Upington-Wes; ds JPJ (Jacques) Heymans van Kameeldrif na Pierre van Ryneveld; ds F du T (Floris) Lategan van Grootrivier na Upington-Noord.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Dit is vir ons aangenaam om bekend te maak dat ds Du Toit Wessels tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 24 November 2026, beroep is na Durbanville-gemeente. Ds Wessels is beroep van NG Kraggakamma-gemeente, Gqeberha (Port-Elizabeth). (Jackie Pretorius, steundienste: Durbanville-gemeente, 26.11.2026).
Hiermee gee Reebok-gemeente net kennis van ’n beroep wat uitgebring is. Ds Pieter Andreas (André) Harmzen van die Suid-Afrikaanse Gemeente in die Verenigde Koninkryk na NG Gemeente Reebok. (Martina van den Berg, skriba/kassier: NG Gemeente Reebok, 25.11.2026).
Hiermee gee NG Gemeente Nuwerus kennis dat, tydens ’n kerkraadsvergadering gehou 17 November 2026, die kerkraad besluit het om ds Eugene Rautenbach te beroep na NG Gemeente Nuwerus. (Anna-Maré Mostert, skriba/kassier: NG Gemeente Nuwerus, 20.11.2026).
NOORD-KAAPLAND
AANVAAR
Met dankbaarheid teenoor die Here verwelkom ons vir Marisa Fouché as tentmakerdiensleraar by Upington-Wes-kerk. (Liesel Avenant, Upington-Wes-kerk, 27.11.2026).
Ds Floris Lategan van Grootrivier het die beroep aanvaar en begin op 1 Desember by NG Gemeente Upington-Noord. (Sonnette Lind, skriba: NG Kerk Upington-Noord, 25.11.2026).
GOUDLAND
BEVESTIGING
Hiermee wil ons net bevestig dat ds JS Kloppers bevestig is as leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Unitaspark op 1 November 2026. (Koba Lottering, saakgelastigde: NG Kerk Unitaspark, 25.11.2026).
NOORDELIKE
BEROEP
NG Kremetart het tydens hulle kerkraadsvergadering gehou op 23 November 2026 vir ds Marian Friskin as tentmaker beroep. Sy is tans by Kremetart betrokke as gekontrakteerde leraar. (Cielie Theunissen, adminbeampte en skriba: NG Kerk Kremetart, 25.11.2026).
OOSTELIKE
BEROEP
Pieter de Beer is by die kerkraadsvergadering van NG Kerk Elarduspark op 24 November 2026 beroep as diensleraar met die fokus op die musiekbediening. (Riaan van Zyl, gemeentebestuurder: NG Kerk Elarduspark, 25.11.2026).
AANVAAR
Ds JPJ (Jacques) Heymans van Familiekerk NG Kameeldrif na Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie. (Ds Henk Janse van Rensburg, Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie, 25.11.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
