Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Parowvallei-Oos: Deeltydse predikantspos (50%)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Onbepaalde termyn deeltydse predikantspos (50%)

Sluitingsdatum: 20 Januarie 2027.

Gemeenteprofiel:

Parowvallei-Oos-gemeente is geleë tussen Voortrekkerweg en Ravensmead en naby Tygerberg-hospitaal. Die gemeenskap is sosio-ekonomies en kultureel baie divers. Die gemeente het die afgelope 15 jaar gegroei tot ’n inklusiewe geloofsgemeenskap wat alle mense onvoorwaardelik aanvaar en bedien met die liefde van Christus. Deur aktiewe betrokkenheid by en met talle projekte in die gemeenskap word die boodskap van Jesus uitgedra in ’n gebied waar armoede en ’n gebrek aan hoop algemeen is. Die visie van die gemeente is: “Saam met Jesus na sy nuwe wêreld / Together with Jesus to his new world”. Die totale bediening vind plaas in Afrikaans en Engels. Alhoewel die gemeente nie ’n “tradisionele” gemeente is nie, word steeds klem gelê op geestelike opbou deur die aktuele verkondiging van die Woord, pastorale versorging asook diens aan mekaar en die gemeenskap. Ons het tans 340 belydende en 84 dooplidmate en kan ’n 50% deeltydse pos bekostig.

Verwagtinge oor die leraar se profiel:

  • Verkieslik ’n jonger persoon wat gemaklik kommunikeer in Afrikaans en Engels.
  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk, met ’n gesonde waardering vir die Gereformeerde tradisie.
  • ’n “All-rounder” wat in noue spanverband saam met die klein bestuurspan en/in die breër gemeenskap kan werk.
  • ’n Prediker wat die evangelie met vreugde, erns en vrymoedigheid bedien in Afrikaans en Engels.
  • Iemand met ’n aanvoeling vir die verdere uitbou van die gemeente oor tradisionele grense en wat ervaring het in die ontwerp van projekte en uitvoering daarvan in die gemeenskap buite die kerk.
  • Rekenaarvaardig, kundig met die gebruik van digitale media in die erediens, ervare met die skep en gebruik van WhatsApp-groepe.
  • Musikale aanleg en ervaring met die leiding van voorsang en/of orkes sal ’n aanbeveling wees.
  • Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die leraar se taak.

Vergoeding:

Die vergoeding en diensooreenkoms sal volgens sinodale riglyne met die suksesvolle kandidaat onderhandel word. Daar is nie ’n pastorie nie, maar wel ’n huissubsidie.

Aansoeke:

Ons sien uit om jou beter te leer ken deur ’n relevante en verkorte CV (maksimum drie bladsye) wat vergesel word van ten minste drie referente se kontakbesonderhede. Vertel vir ons van jou ervaring in gemeenskapswerk en -projekte in ’n kort skrywe (maksimum een bladsy) wat jy saam met jou CV stuur. Aansoeke word gerig aan die saakgelastigde, Soekie Paulsen, by ngpvoos@telkomsa.net.

Aanvangsdatum: 1 Maart 2027.

Navrae: Voorsitter van die bestuurspan: Me Almarie Olckers, 064 837 7135 of Almarie.olckers@gmail.com

Belangrike inligting:

Deur die indiening van jou CV word toestemming verleen dat die inligting daarin vervat, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, deur Parowvallei-Oos-gemeente vir die proses van die beroep gebruik kan word.

Die gemeente behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.