Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 23 Oktober 2026)

BEROEP

Prop T (Tiaan) Pretorius van Saldanha na Lux Deo Arconpark.

AANVAAR

Dr P (Pieter) Kruger van Witfield na Hoëveld Sinode as algemene kantoorbestuurder; dr BP (Bennie) Marais van Charl Cilliers na Luckhoff; ds R (Ruan) Nieuwenhuizen van Somerset-Oos na Uitenhage-Noord; prop N (Natasha) ten Krooden as diensleraar na Vanderkloof, Petrusville en Petrusville-Uitsig.

BEDANK

Prop T (Tiaan) Pretorius van Saldanha vir Lux Deo Arconpark.

OOS-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Ruan Nieuwenhuizen van Somerset-Oos het die beroep na Uitenhage-Noord aanvaar met diensaanvaarding op 1 Maart 2027. (Rina Wait, saakgelastigde: NG Kerk Uitenhage-Noord, 12.10.2026).

NOORD-KAAPLAND

AANVAAR

Die Ring van Hanover is baie dankbaar om te bevestig dat ds Natasha ten Krooden die beroep as brugpredikant na die Ring van Hanover aanvaar het om diens te doen in die volgende gemeentes: Vanderkloof, Petrusville-Uitsig en Petrusville. Sy tree op 1 Januarie 2027 aan om die drie gemeentes te begelei in verskeie brugbedieningprosesse. (Madeleine Hattingh, skriba: Ring van Hanover, 12.10.2026).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Bennie Marais is op 10 Oktober 2026 bevestig by NG Kerk Luckhoff deur ds Mias Nortier, voorsitter van die Ring van Fauresmith. (Ds Mias Nortier, voorsitter: Ring van Fauresmith, 15.10.2026).

EMERITAAT

Ds Frans Lodewyk Steenkamp van NG Gemeente Warden emeriteer op 29 November 2026. Die nuwe leraar ds Izanne Ellis se bevestiging sal plaasvind op 6 Desember 2026. (Marga Smit, skriba: NG Gemeente Warden, 20.10.2026).

GOUDLAND

BEDANK

Hiermee stel ons u in kennis dat prop Tiaan Pretorius van NG Saldanha deur Lux Deo NG Kerk Arconpark beroep is na ons gemeente op 2 September 2026. Prop Tiaan het die beroep van die hand gewys op 30 September 2026. (Marlene Trollip, administratiewe beampte: Lux Deo NG Kerk Arconpark, 13.10.2026).

HOËVELD

BEVESTIGING

Dr Pieter Kruger van Witfield is op Sondag 18 Oktober 2026 in ’n gekoppelde predikantspos bevestig wat verband hou met sy diensaanvaarding as algemene kantoorbestuurder van Sinode Hoëveld. Die bevestiging is deur ds Robert Geyser waargeneem. (Lennet Faurie, kantoorbestuurder: NG Witfield, 22 Oktober 2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.