Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Vanzylsrus: Vastetermyn-predikantspos (Drie jaar)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vastetermyn-predikantspos (Drie jaar)

Die NG Gemeente Vanzylsrus nooi gelegitimeerde predikante en proponente wat aan die beroepingsvereistes voldoen, om vir die pos aansoek te doen. Emeriti wat steeds met energie en entoesiasme in die bediening wil staan, is ook welkom om aansoek te doen.

Oor die gemeente

Vanzylsrus is ’n klein plattelandse gemeente (90 belydende lidmate en 29 dooplidmate) in die Kalahari. Die gemeente bedien hoofsaaklik ’n boerderygemeenskap. Ten spyte van die grootte van die gemeente is dit ’n veerkragtige en lewenskragtige gemeente met ’n hoë betrokkenheid van lidmate.

Die erediens en maandelikse wyksbyeenkomste staan sentraal in die bediening aan die gemeente. Ons gemeente heg groot waarde aan Skrifgetroue Woordverkondiging, pastorale versorging, persoonlike verhoudings en die betrokkenheid van lidmate.

Die bediening

Ons verlang ’n predikant met ’n duidelike roepingsbesef en ’n omgeehart vir mense wat kan tuis wees binne ’n plattelandse gemeenskap. Dit is vir ons belangrik dat die leraar gemaklik in spanverband met die kerkraad en die gemeente kan saamwerk. Die bedieningsfokus van die leraar word in lyn met KO Art 9 in samewerking met die kerkraad bepaal. Die gemeente sien daarna uit om saam met ’n nuwe leraar ’n nuwe bedieningsfase te betree en die pad met mekaar saam te loop.

Termyn en aanvangsdatum

Die pos is ’n vastetermynpos van drie jaar met die opsie om dit te verleng.

Aanvang: so spoedig moontlik na 1 April 2027.

Vergoedingspakket

Die huidige begrotingsriglyn vir die totale jaarlikse vergoedingspakket is R600 000,00 (totale koste vir indiensneming). Hierdie bedrag is ’n riglyn en nie ’n vaste maksimum nie. Die pakket kan, na gelang van die suksesvolle kandidaat se kwalifikasies, ervaring en omstandighede, asook die gemeente se finansiële vermoë, onderhandel word. Die pakket sal saamgestel en hanteer word ooreenkomstig die toepaslike NG Kerk- en sinodale riglyne. Die gemeente voorsien ook gratis huisvesting aan die aangestelde leraar.

Aansoeke

Belangstellendes word versoek om ’n CV, ’n kort motiveringsbrief en kontakbesonderhede van ten minste drie referente te stuur aan: Die skriba, NG Gemeente Vanzylsrus

E-pos: skriba291@gmail.com

Navrae: Die voorsitter van die kerkraad: mnr Frans Cloete 072 768 2827.

SLUITINGSDATUM: 29 JANUARIE 2027.

Die kerkraad behou die reg om nie noodwendig uit die aansoeke ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.