Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike Nuus 02 Oktober 2026)

BEROEP

Ds M (Mia) Oliver van Sonstraal na Helderberg; dr LJ (Leon) Venter van Graafwater na Boshof.

AANVAAR

Ds JGE (Deon) Koegelenberg van Murray-De Doorns na Boksburg-Wes; dr DJ (Danie) Langner van Lyttelton na Môregloed; dr LJ (Leon) Venter van Graafwater na Boshof.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ons wil Kerkbode in kennis stel dat ons gemeente op 22 September 2026 ’n beroepingsvergadering gehou het, waartydens ds Mia Oliver beroep is as leraar vir Helderberg, Somerset-Wes. (Marisa Viljoen, predikantekoördineerder: NG Kerk Helderberg-gemeente, 01.10.2026).

NOORD-KAAPLAND

SINODESITTING

Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Maandag 12 Oktober 2026 tot Donderdag 15 Oktober 2026 te Kimberley, in die kerksaal van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kimberley-Vooruitsig. (Ds Christo Jonck, predikant in sinodale diens: NGK in Noord-Kaapland, 06.03.2026).

VRYSTAAT

AANVAAR

Hiermee wil ek u graag in kennis stel dat dr Leon Venter van NG Gemeente Graafwater die beroep na NG Kerk Boshof aanvaar het. Sy intreepreek sal DV plaasvind op 4 Oktober 2024 om 09:00 in die NG Kerk Boshof by Kerkstraat 10, Boshof. (Mary Janse van Rensburg, skriba: NG Kerk Boshof, 25.09.2026).

NOORDELIKE

AANVAAR

Dr Danie Langner het die beroep na NG Gemeente Môregloed aanvaar. Hy word op Sondag, 4 Oktober, bevestig in die gemeente. (Ilse van Hemert, skriba: NG Gemeente Môregloed, 28.09.2026).

SINODESITTING

Hiermee deel ek graag die amptelike kennisgewing van die gewone sinodevergadering van die Noordelike Sinode wat plaasvind van 18 tot 22 Oktober 2026 te Weesgerus, Modimolle. (Elmarie Jooste, kommunikasiebeampte: Noordelike Sinode, 23.09.2026).

HOËVELD

AANVAAR

Ds Johannes Gideon Engelbrecht (Deon) Koegelenberg is beroep vanaf NG Gemeente Murray-De Doorns na NG Gemeente Boksburg-Wes en het die beroep aanvaar. (Annetjie van der Berg, gemeentebestuurder: NG Gemeente Boksburg-Wes, 02.10.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top