Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Bergsig (Rustenburg): Leraar/Jeugwerker

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Leraar/Jeugwerker

Nuwe Generasie Bediening (Voltyds/deeltyds)

NG Kerk Bergsig in Rustenburg soek ’n energieke, vindingryke en selfstandige pionier om ons Nuwe Generasie Bediening te lei, te bou en nuut te dink oor hoe ons ons kinders (Kinderkerk) en tieners (CRIB) bereik.

Ons is nie op soek na iemand wat net ’n ou tradisionele model wil afstof en opkikker nie. Ons soek iemand met ’n visie en die vermoë om outonoom te funksioneer, hande uit die mou te steek, en ’n lewende geloofskultuur onder ons jongmense te vestig.

WIE IS ONS EN WIE STAAN AGTER JOU?

Ons gemeente is reeds vir twee jaar besig met ’n strategiese herlewingsproses. Ons het ’n wonderlike leraarspan gehad, maar nadat die leraar wat vir die jeug verantwoordelik was ’n ander beroep aanvaar het, bou ons met nuwe ywer voort. Ons kerkraad is 100% ingekoop in hierdie herlewingspad. Om iets van ons droom te verstaan, moet jy hierdie kernsin verstaan:

Ons is ’n gemeente Onder God se heerskappy wat Dieper met Hom in verhouding wil groei, Dienend na mekaar wil omsien, en Doelbewus na ander wil uitreik.

Die Nuwe Generasie Bediening se fokusarea is onder “Doelbewus na ander”.

Dit veronderstel ’n hoofdoelwit van groei. Dit gaan vra dat jy sal identifiseer waar die kinders en jeug is, hoe om hulle te bereik en in te trek, sodat hulle ook kan groei in hulle verhouding met God.

Jy sal egter nie op eie krag of as ’n “held op ’n witperd” wonderwerke moet kom doen nie. Jy sal nie alleen staan nie! Saam met die leraar, ons operasionele koördineerder, 12 kerkraadslede en verskeie gemeenteleiers in die jeugbedieninge, sal ons jou bemagtig en bystaan om hierdie belangrike fokuspunt van ons droom te laat realiseer.

HOE LYK JY?

  • ’n Bouer en Vernuwer: Jy skrik nie vir die uitdaging om ’n bediening met ’n kern van sowat 30 tieners (CRIB op Sondagaande) en 30 kinders (Kinderkerk op Sondagoggende) te laat groei nie. Jy dink buite die boks en is nie vasgevang in tradisionele denke en idees nie.
  • Selfstandig en Selfmotiverend: Jy kan self dink, beplan en uitvoer. Jy het die kapasiteit om eie verantwoordelikheid te neem en projekte van die grond af te kry.
  • Spanbouer: Of jy nou voltyds of deeltyds aangestel word, jy verstaan dat een mens nie alles kan doen nie. Jy het die gawe om vrywilligers, ouers en mentorspanne te werf, toe te rus en te bemagtig sodat die bediening volhoubaar gedra word.
  • Verhoudingsgerig: Jy het ’n diep liefde vir die Here en ’n natuurlike aanvoeling om betekenisvolle vertrouensverhoudings met kinders, tieners en hulle ouers te bou.

WAT JY SAL DOEN?

  • Strategiese Bou en Uitbou: Neem die leiding in die ontwerp en implementering van ’n vernuwende Nuwe Generasie Bediening wat aansluit by Bergsig se breër visie.
  • Aktiewe Begeleiding: Koördineer en lei die Sondagoggend kinderkerk en Sondagaand tienerbediening (CRIB – Christus Regeer in Bergsig) met entoesiasme en diepte.
  • Span- en Leierskapvestiging: Identifiseer, lei op en bemagtig vrywilligers en ouers om aktief deel te vorm van die bedieningspanne.
  • Gesinsintegrasie: Bou brûe tussen die kerk, die jeug en hulle gesinne sodat geloofsvorming ook tuis voortgesit word.

AANSTELLINGSBESONDERHEDE:

  • Postipe: Voltyds of deeltyds, op voorwaarde dat die kandidaat bewese vermoë het om effektiewe spanne te vestig en te mobiliseer.
  • Termyn: Kontrakpos vir ’n aanvanklike tydperk van 24 maande, met ’n opsie tot hernuwing.
  • Vergoeding: Word bepaal volgens die Noordelike Sinode se jaarlikse vergoedingsriglyne vir diensleraars/jeugwerkers, met inagneming van kwalifikasies, ervaring en die aard van die aanstelling (voltyds vs deeltyds).
  • Vereistes: ’n Lewende verhouding met die Here; toepaslike ervaring in jeugbediening; ’n geldige bestuurslisensie en eie vervoer; sowel as ’n bereidwilligheid om die vereiste agtergrond- en veiligheidskontroles (soos die Kinderbeskermingsregister) te deurloop.

HOE OM AANSOEK TE DOEN?

Stuur asseblief ’n volledige CV, ’n dekbrief waarin jy jou visie vir ’n Nuwe Generasie Bediening deel, en die kontakbesonderhede van ten minste drie verwysings na:

  • E-pos: pieter@ngbergsig.co.za.
  • Navrae: Pieter Jordaan – 082 561 8500.
  • Sluitingsdatum: 23 November 2026.
  • Diensaanvaarding: So gou as moontlik.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit hierdie proses te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.