Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraarspos
Die kerkraad van die NG Gemeente Cornelia gee kennis dat ’n vakature sal ontstaan op 1 April 2027 wanneer die huidige leraar DV sal emeriteer. Ons verneem graag of daar leraars of proponente is wat sal belangstel om die pos te vul. Die kerkraad begin vroegtydig met die proses sodat deeglike voorbereiding vir die vul van die vakature gedoen kan word.
Gemeenteprofiel:
Cornelia is ’n klein plattelandse gemeente in die Noord-Oos-Vrystaat met 93 belydende lidmate en 38 dooplidmate. Die gemeente bestaan reeds 105 jaar. Die meeste lidmate woon op plase en slegs enkeles op die dorp.
Die naaste skole is op die buurdorpe Vrede, Frankfort en Villiers – al drie minder as 45 km van Cornelia af. Daar is ’n moontlikheid van daaglikse vervoer na een van die skole toe.
Leraarsprofiel:
- Die aansoeker moet ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wees wat in ’n innige verhouding met die Here leef.
- Die aansoeker moet geheg wees aan die gereformeerde leer en die belydenisskrifte van die kerk.
- Die gemeente stel suiwer Woordverkondiging hoog op prys.
- Die beroepene moet tuis kan voel op die klein platteland en persoonlike kontak en meelewing met die gemeenskap is vir ons baie belangrik.
- Huisbesoek en ander pastorale besoeke is vir die gemeente ononderhandelbaar.
- Artikel 9 van die kerkorde vorm die basis van die diensooreenkoms.
Vergoedingspakket:
- Die aard van die pos sowel as die vergoedingspakket is onderhandelbaar.
- ’n Goed toegeruste pastorie op die kerkterrein is beskikbaar en inwoning is vir ons belangrik.
Aansoeke:
Slegs elektroniese aansoeke wat die volgende insluit:
- CV van nie meer as drie bladsye nie.
- Name en kontakbesonderhede van ten minste twee referente.
- U persoonlike besonderhede.
- Sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Desember 2026.
- Stuur aansoeke aan: Die skriba NG Kerk Cornelia: ng.cornelia@lantic.net
- Die persone wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.
Vir meer inligting en navrae skakel:
Leierouderling: Herman Lourens (082 944 7130).
Saakgelastigde: Maryke Kruger (082 291 8698).
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n beroep uit te bring uit die aansoeke wat ontvang is nie.
