Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Orrelis
Sluitingsdatum: 30 November 2026.
Ons gemeente, NG Kerk Boksburg-Wes, is dringend op soek na ’n orrelis wat ons kan bystaan met die musiekbediening in ons gemeente.
Ons is op soek na iemand wat verkieslik elke Sondag tydens ons erediens die orrel kan bespeel en ook bereid sal wees om betrokke te raak by en leiding te gee aan ons sanggroep.
Ons is ’n warm, omgeegemeente waar ons musiek en sang as ’n belangrike deel van ons aanbidding beskou.
Indien jy belangstel, of iemand ken wat moontlik in hierdie pos belangstel, sal ons dit baie waardeer indien u ons kan kontak.
Ons sal enige hulp en verwysings opreg waardeer.
Kontakbesonderhede:
Kerkkantoor: 087 183 6960. Gemeentebestuurder, Annetjie van der Berg: 083 759 9431.
