Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is.

Hy is die skrywer van die boek, Wond: Plaasmoorde – dis my mense en een van Kollig se gaste in hierdie episode waarin gepraat word oor die kerk se sorg in die medium en langer termyn vir mense asook gemeenskappe wat erge trauma beleef het. Dit kan wees in die vorm van geweldsmisdaad of natuurrampe soos brande, vloede of droogte. Saam in hierdie gesprek is dr Nioma Venter wat vertel wat die Knysnabrande haar geleer het en traumanavorser, prof Mariette van der Merwe van Noordwes-Universiteit.

Lees meer oor Gerhard Pietersen op LiG Getuig: Predikant se geloofskrisis ná die moord op sy skoonouers: ‘Daar is nie maklike antwoorde nie …’

Gesprekspunte:

00:50 Na die trauma van ’n moord: dit het my verras, positief en negatief.

08:17 Hoe kan ’n mens help na trauma?

13:10 Knysnabrande se lesse: Só help gemeentes met nabyheid en momente vir refleksie.

17:18 ‘Heling om my storie te vertel’.

 

  • Ds Gerhard Pietersen is die uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (Berig aangepas na plasing)
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top