Die Stellenbosse kunstenaar Jan Hendrik Viljoen, alombekend as Portchie, is Vrydagoggend 12 Junie oorlede. Hy was 62 jaar oud.
Die gebore Vrystater was bekend vir sy kleurvolle en vrolike kunswerke.
Op sy Facebookblad was dieselfde dag ’n plasing wat lui: “Dis met ’n diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde broer, mentor en vriend deel.
He touched countless lives through his faith, his art, his kindness, his wisdom, and his unwavering passion for life. His legacy will live on in the hearts of all who knew him and in the beauty he brought to the world.”
Dit sluit ook ’n aanhaling deur hom in: “Fietsry is soos die lewe — hoe harder jy trap hoe meer kry jy daar uit.” Portchie
Geborg
