Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | Waarom moes Jesus weggaan? – Gesprek met dr Coenie Burger oor Hemelvaart

In Handelinge 1 lees ons Jesus het 40 dae na sy opstanding voor sy dissipels se oë in ’n wolk weggeraak. In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels Heléne Meissenheimer met die teoloog en skrywer dr Coenie Burger oor Hemelvaart.

Burger is die skrywer van verskeie boeke oor Jesus se lewe, onder meer ‘Waar is Jesus nou?’. Ook ‘Ons wil Jesus sien’ saam met prof. Marius Nel. In hierdie gesprek gesels ons oor die betekenis van hierdie bekende Bybelse gebeurtenis net voor Pinkster op die kerkkalender.

Bestel ‘Ons wil Jesus sien’ aanlyn (R230) by Bybel-Media.

Lees ook: Skrywers begelei lesers kundig deur die kernbewegings in Jesus se lewe.

Gesprekspunte:

00:18 Wat het gebeur toe Jesus in ’n wolk verdwyn het?

05:28 Waar is die hemel?

07:20 Dis jammer dat ons Pinkster afskeep.

09:30 Waar is Jesus nou?

10:10 Drie betekenisse van hemelvaart.

19:10 Hoekom het Jesus nie alles met sy eerste koms klaargemaak nie?

  • Kerkbode is ’n publikasie van Bybel-Media.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top