Ons kyk in hierdie gesprek eenvoudig na wat die onlangse ekstreme weer vir gemeentes en spesifiek sleutelrolspelers geleer het in terme van ramprespons. Hieroor gesels ek met dr Marinda van Niekerk van die interkerklike ramphulpnetwerk Respond SA, ook met ds De la Harpe le Roux van Torings van Hoop in Bloemfontein en dan met die NG Kerk se algemene sekretaris, dr Nioma Venter, wat altyd sê kerke se bydraepunt is nie soseer die kombers wat jy uitdeel of die sopkombuis nie, maar veral drie goed: connect, convene en communicate. Dit als in hierdie episode van Kerkbode Kollig.
Enige navrae oor Respond SA of Winterhoop? Kontak: dr Marinda van Niekerk by national@respondsa.co.za of ds De la Harpe le Roux by dlh@ngkvs.co.za.
Winterhoop se webblad.
Gesprekspunte:
01:14 Hoe vaar die NG Kerk deesdae met reaksie op natuurrampe?
04:47 Hoe vorder die vestiging van Respond SA as nasionale interkerklike ramphulpnetwerk?
13:35 Winterhoop as voorbeeld van ’n deurlopende interkerklike hulpnetwerk.
20:05 Gedagtes uit die Bybel.
21:18 Die lewensaar is verhoudings.
