Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gerhard Pietersen
Ds Gerhard Pietersen, die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, se nuwe uitvoerende hoof vertel dié organisasie het in April aan 10 000 leerders in KwaZulu-Natal Bybelgebaseerde leermateraal versprei. Dit kon gebeur danksy ’n nuwe geletterdheidsprogram in vennootskap met ander rolspelers en daar is planne om die projek ook in ander streke uit te rol. Foto's: Adriaan Labuschagne

‘Die Bybel bly tydloos’: Gesprek met skrywerpredikant wat eeue-oue Bybelorganisasie deur uitdagende tye moet lei

“Of die Bybel nou op diervelle geskryf is in antieke Midde-Ooste, of digitaal gelees word in die stad, dit bly die tydlose woord van God in mensetaal wat lewens verander.”

Só sê Gerhard Pietersen, die skrywer en predikant wat einde laasjaar die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) se nuwe uitvoerende hoof geword het. Dié organisasie, ’n lid van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe én een van die oudste en grootste Bybelvertaling- en verspeidingsorganisasies in die land, het in 2025 meer as 1,4 miljoen Bybels gratis versprei waarvan 14 657 volledige gedrukte Bybels was. Die res is afgelaai as volledige digitale Bybels.

Lees ook: Mediarubriek | PredikanteSAAMkoms 2026: Wat het die vorige massa-saamtrek van dominees ons geleer?

Kerkbode het met hom gesels by die BSA se vierverdieping siersteengebou in Bellville – ’n gebou wat hulle deesdae deel met Radio Kaapsekansel en ander. Dit is een van vele aanpassings wat ons hoor die BSA, wat in 2020 hulle 200ste bestaansjaar herdenk het, in die afgelope paar jaar moes maak om volhoubaar en in pas met veranderde tye te kan bly. 

Pietersen se naam mag bekend klink vir lesers. Hy het verlede jaar sy debuut as skrywer gemaak met sy traumamemoir, Wond: Plaasmoorde – dis my mense. Daarin beskryf hy die lang en moeilike proses van verwonding, rou en heelword na die moord op sy skoonouers in 2016.

Lees sy getuienis hieroor soos vertel op lig.co.za: Predikant se geloofskrisis ná die moord op sy skoonouers: ‘Daar is nie maklike antwoorde nie …’

Wie is Gerhard Pietersen?

“Ek is ’n boerseun deur en deur.” Só vertel hierdie gebore Pretorianer. Ons sit in sy kantoor op die tweede vloer met ’n uitsig op Tafelberg. Hy en sy gesin bly al jare in die Kaap, maar sy komvandaan lê noord, veral in die Vrystaat. Sy ouers het soontoe getrek toe hy nog jonk was. Daar het hy op ’n plaas grootgeword want sy pa, wat by die spoorweë gewerk het, het deeltyds oor naweke geboer.

Die hart van hulle werk is steeds vrye toegang tot die Bybel vir almal in hulle eie taal, maar daar is besef dat hulle met ander sal moet handevat. So is Lumin Africa in vennootskap met ander rolspelers in Bybelvertaling- en verspreiding gestig. Dit is ’n samewerkingsooreenkoms onder verskeie rolspelers wat help om fondse te kanaliseer vir die tydsame werk om Bybeltekste te vertaal vir mense van Suider-Afrika wat nog nie Bybels in hulle eie tale het nie. Die lys met vertalingsprojekte waarmee hulle besig is, is op die vennootskap se webblad.

Sy roeping vir predikantword het hy jonk gekry. Hy was so 10 of 11, het dit in hoërskool amper verloor maar na skool tog vir teologiese studies ingeskryf by die Universiteit van die Vrystaat. Dit was interessante, uitdagende tye. Hy vertel sy klas was in 1994 die eerste om saam met studente van ander kerke en kulture te studeer. Pietersen onthou hy het toe al besluit hy wil interkultureel werk.

Die BSA is ook by verskeie ander projekte betrokke. Een wat hom baie opgewonde maak is die Future Leaders-geletterdheidsprogram. Die BSA het dié inisiatief in vennootskap met ander rolspelers in April vanjaar in KwaZulu-Natal bekend gestel. Bybelgebaseerde leermateraal is aan 10 000 leerders versprei en daar is planne om die projek ook in ander streke uit te rol. Foto: BSA Facebook

Na hy met sy studies klaargemaak het was sy eerste beroep na Oshakati, ’n afgesonderde gemeenskap op die Namibiese grens met Angola. “Cowboywêreld”, beskryf hy dit. Daarna was hy predikant op Mosselbaai en toe Houtbaai tot die wrede gebeure van 2016 hom laat kies het om vir ’n ruk uit gemeentebediening te staan. Hy vertel hy het toe ’n leierskapposisie aanvaar by ’n interkerklike sendingorganisasie, Africa Inland Mission, tot die beroep in 2023 gekom het na Hoop Geloofgemeenskap, ’n bediening van die NG Gemeente Helderberg in Somerset-Wes. Hy is steeds deeltyds hier betrokke en lei ook soms geestelike retraits in stil afgesonderde plekke. Dit was in voorbereiding van ’n leiersretraite in Egipte, wat hy stilte gaan soek het in die Sinai-woestyn by ’n antieke Ortodokse klooster. Hier vind hy toe ’n biblioteek met antieke Bybelse en geloofsgeskrifte van 15 eeue terug. Drie goed het hier vir hom bymekaar gekom – sy liefde vir die Bybel, stil plekke in die natuur en geskiedenis. So toe die beroep kom na die BSA het dit net vir hom gevoel dit is vir hom die regte volgende stap.

BSA: afskaal en vennootskappe 

Die BSA waar hy einde laasjaar ingestap het is ’n kleiner maar meer vaartbelynde organisasie as ’n paar jaar terug. Pietersen vertel die Bybelgenootskap het soos talle ander Christelike organisasies oor jare groot sisteme opgebou. Hulle fondse het primêr van Afrikaanse kerke gekom. Krimpende lidmaatgetalle en kleiner gemeentes het dus ’n reuse-impak op hulle inkomste gehad. “Daarby bly dit ’n groot uitdaging om ook die breër ekumeniese kerk in Suid-Afrika aan boord te kry,” voeg hy by.

Terselfdertyd het al meer rolspelers die digitale mark betree wat ook Bybels digitaal beskikbaar gestel het. Voeg hierby mense se verwagting dat digitale produkte verniet moet wees.

Gerhard Pietersen wys een van die ou Bybels in die BSA se biblioteek. Hy het ook vertel van ’n nuwe Bybelskenking uit Nederland. Dit word genoem die Migration Bible. Pietersen verduidelik dat met die grootskaalse migrasie van miljoene mense oor die wêreld heen, hulle binnekort hierdie Engelstalige Bybels vryelik beskikbaar sal maak om gemeentes toe te rus wat betrokke is of wil raak by die bediening onder immigrante.

’n Radikale omkeerplan was nodig. Die moeilikste deel daarvan was dat hulle van hulle personeel in al vyf streektakke van die BSA moes laat gaan. Twee van sy voorgangers, ds Dirk Gevers en na hom, ds Rodney van Wyk van die Gereformeerde Kerk, was nou betrokke by hierdie stresvolle proses.

Die hart van hulle werk is steeds vrye toegang tot die Bybel vir almal in hulle eie taal, maar daar is besef dat hulle met ander sal moet handevat. So is Lumin Africa in vennootskap met ander rolspelers in Bybelvertaling- en verspreiding gestig. Dit is ’n samewerkingsooreenkoms onder verskeie rolspelers wat help om fondse te kanaliseer vir die tydsame werk om Bybeltekste te vertaal vir mense van Suider-Afrika wat nog nie Bybels in hulle eie tale het nie. Die lys met vertalingsprojekte waarmee hulle besig is, is op die vennootskap se webblad.

Die BSA doen ook steeds hersiening van bestaande Bybelvertalings. Kerke moet so ’n proses versoek. Pietersen het verduidelik dit is egter ’n duur proses wat miljoene kan kos en jare neem omdat soveel kundiges betrek moet word. So byvoorbeeld het die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans meer as 170 medewerkers ingesluit en sowat 14 jaar geneem.

Hy het ook vertel van ’n nuwe Bybelskenking uit Nederland. Dit word genoem die Migration Bible. Pietersen verduidelik dat met die grootskaalse migrasie van miljoene mense oor die wêreld heen, hulle binnekort hierdie Engelstalige Bybels vryelik beskikbaar sal maak om gemeentes toe te rus wat betrokke is of wil raak by die bediening onder immigrante.

Geletterdheidsinisiatiewe en Bybels vir immigrante

Die BSA is ook by verskeie ander projekte ook betrokke. Een wat hom baie opgewonde maak is die Future Leaders-geletterdheidsprogram. Die BSA het dié inisiatief in vennootskap met ander rolspelers in April vanjaar in KwaZulu-Natal bekend gestel. Bybelgebaseerde leermateraal is aan 10 000 leerders versprei en daar is planne om die projek ook in ander streke uit te rol.

Hy het ook vertel van ’n nuwe Bybelskenking uit Nederland. Dit word genoem die Migration Bible. Pietersen verduidelik dat met die grootskaalse migrasie van miljoene mense oor die wêreld heen, hulle binnekort hierdie Engelstalige Bybels vryelik beskikbaar sal maak om gemeentes toe te rus wat betrokke is of wil raak by die bediening onder immigrante.

“Ons dink ons is ’n Christelike land waar almal toegang tot ’n Bybel het, maar dit is nie so nie,” het hy afgesluit.

 

  • Vir meer oor die BSA of om hulle werk te kan ondersteun, besoek hulle webblad.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top