Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | ‘Ek het weer net liefgeraak vir God, die kerk, myself’ – Pelgrimstog van Hoop se eerste pelgrim wat 800 km aaneen stap

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy ’n fikse pelgrim kan met die Pelgrimstog van Hoop deesdae van Jeffreysbaai tot in Kaap Agulhas stap.

Op 30 April het hy die eerste pelgrim geword wat hierdie staptog (sowat 800 km) afgelê het. Heléne Meissenheimer het vir Kerkbode Kollig met hom gesels.  Kyk gerus ook die gesprek met video-insetsels – skakel is onderaan.

LEES OOK: Pelgrimstog van Hoop: Ds Nico Swart word eerste pelgrim wat van Jeffreysbaai tot Agulhas stap (800 km)

Gesprekspunte:

01:21 Hoekom sabbatsverlof so spandeer?

03:56 Waar loop hierdie pelgrimsroete?

05:23 Hoeveel kilometer per dag gestap

07:21 Hoe werk bagasie en kos as jy alleen stap

09:32 Hoe het jou voete gehou?

12:23 “Ek het die ongelooflikste mense ontmoet”

16:52 Kardioloog sê hart se herstel is “bonatuurlik”

21:15 Ek sal weer stap “my siel het gerus”

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top