Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien?
LEES OOK: Mediarubriek | PredikanteSAAMkoms 2026: Wat het die vorige massa-saamtrek van dominees ons geleer?
Vir hierdie episode van Kollig gesels ons met die sameroeper, ds Maartje van der Westhuizen, asook met dr Nioma Venter van die Algemene Sinodekantoor en die Nuwe-Testamentikus prof Marius Nel. Hy vertel onder meer waarom die saamkoms doelbewus rondom sewe sleutelmomente in Jesus se lewe ingerig word.
Gesprekspunte:
Wat lê agter die besluit om vanjaar, so 21 jaar sedert die vorige een, weer so ’n nasionale saamkoms vir predikante te hou?
Sorg na binne en na buite
Druk op predikante
Wat is op die program?
Geloof in Jesus bind ons saam
