Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die skrywer en kampvegter vir vroueregte, Bettina Wyngaard (middel), wat ook voorsitter was van die Andrew Murray Desmond Tutu-Prysfonds, is Vrydag 23 Julie oorlede. Foto: Kerkbode-argief

Skrywer en kampvegter vir vroue sterf

Die skrywer en kampvegter vir vroueregte, Bettina Wyngaard, wat ook voorsitter was van die Andrew Murray Desmond Tutu-Prysfonds, is Vrydag 23 Julie op 55 oorlede. Sy het kanker gehad. 

Sy is onder meer die bekroonde skrywer van boeke soos “Troos vir die gebrokenes” en “Onverskrokke vroue: Uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag”. 

Kerkbode het verlede jaar met haar gesels kort na sy vir dr Frits Gaum opgevolg het as voorsitter van die AMDT-prysfonds. Die eerste persoon om hom in hierdie posisie op te volg. Sy het onder meer gesê haar hoop is dat die prysfonds al meer beweeg weg van “die een is NG en daai een is Anglikaan … maar dat ons onsself net as ’n groep gelowiges sien wat probeer om gehalte Christelike teologiese literatuur hoofstroom te maak”.

Kollig-podsending | Boeke, geloof en ’n prysfonds wat hulle ‘net wyer wil span’ – Bettina Wyngaard

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top