Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Die NG Kerk se deelname aan ekumeniese vergaderings is ’n geleentheid tot getuienis, genesing en verbondenheid, sê dr Gustav Claassen (heelregs). Foto: Albin Hillert, WRK

WRK: Deelname is NGK se geleentheid om te getuig, genees en te verbind

Ná die NG Kerk se lang isolasie uit ekumeniese deelname bly dit steeds vir hom ’n emosionele ervaring hoe hulle verwelkom word by geleenthede soos die afgelope saamtrek van die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke (WRK) op die Oosrand, berig Heléne Meissenheimer.

Só vertel dr Gustav Claassen, wat in 2016 daar was toe die NG Kerk in Trondheim, Noorweë na ’n afwesigheid van 55 jaar weer as lid aanvaar is.

Vir hom gaan deelname oor veel meer as deel wees van ’n internasionale vergadering. “Dit is ’n geleentheid tot getuienis, genesing en verbondenheid. Dit verdiep nie net ons begrip van eenheid in Christus nie, maar versterk ook ons deelname aan die breër ekumeniese beweging,” het Claassen verduidelik. Hy is in 2023 verkies op die Sentrale Komitee en dien op van die staande komitees.

Lees ook: Uit Gustav se pen: ‘Oekraïne gryp ons aan die hart, maar so ook ons eie land’

Meer as 300 mense van so wyd as Noorweë en Finland, die VSA, Midde-Ooste en selfs eilande in die Stille Oseaan was vanjaar by die hoofbestuursliggaam van die WRK se vergadering gehou van 18 tot 24 Junie.

Meer as 300 mense was vanjaar by die hoofbestuursliggaam van die WRK se vergadering gehou van 18 tot 24 Junie. Foto: Albin Hillert, WRK

Elke dag het met Skriflesing en gebed begin en geëindig. Die NG Kerk het op die laaste oggend die beurt gekry met dr Nioma Venter wat gepraat het oor dit wat jou motiveer.

Prof Henco van der Westhuizen van die Vrystaat het in Afrikaans uit 2 Korintiërs 5 voorgelees terwyl ds Jacques Heymans van Pretoria die intersessiegebed vir Malawi en Zambië gelei het.

Venter as afgevaardigde waarnemer van die Algemene Sinode, het gesê vir haar bly so ’n geleentheid ’n demonstrasie dat die evangelie alle grense oorskry terwyl Heymans gesê het dit is goed om te sien die NG Kerk is nie alleen met hulle pelgrimsreis nie.

Elke dag het met Skriflesing en gebed begin en geëindig. Die NG Kerk het op die laaste oggend die beurt gekry met dr Nioma Venter wat gepraat het oor dit wat jou motiveer. Foto: Albin Hillert, WRK

Heymans was ’n jeugstem op die staande komitee vir kommunikasie wat onder meer gekyk het na die gebruik van kunsmatige intelligensie in kerkkommunikasie. Tydens die afgelope ses dae van “pelgrimsontmoetings” was ook gepraat (en dikwels passievol gedebatteer) oor aktuele temas soos geregtigheid en klimaatsverandering, versoening, geslagsgeweld- en geregtigheid, die menslike lyding in Gasa en ander konflikstreke. Alles onder die banier van “Pilgrimage of justice, reconciliation and unity”.

Tydens die ses dae van “pelgrimsontmoetings” was ook gepraat (en dikwels passievol gedebatteer) oor aktuele temas. Foto: Albin Hillert, WRK
’n Paar lede van die South African Jews for a Free Palestine-groep het ook op die laaste dag met baniere en handeklap kom dankie sê vir die aandag wat Gasa geniet. Foto: Helene Meissenheimer

’n Paar lede van die South African Jews for a Free Palestine-groep het ook op die laaste dag met baniere en handeklap kom dankie sê vir die aandag wat Gasa geniet.

Die Sentrale Komitee kom elke twee jaar byeen tot die WRK se volgende algemene vergadering in 2030.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top