Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: | Duisende se nood verlig danksy 2023 Winterhoop veldtog

Danksy gemeentes, groepe en mense se vrygewigheid kon die 2023 Winterhoop veldtog honderde etes, komberse, kospakkies, Bybels en klere by meer as 3 000 oornagskuilings uitdeel, maar die winter is nog nie verby nie, so donasies is steeds welkom, vra die organiseerders op hul Facebookblad op 7 Julie 2023. 

Winterhoop is ’n gevestigde inisiatief wat die afgelope 22 jaar elke Juniemaand ’n veldtog loods om hoofsaaklik wintersorg en noodsaaklikhede aan weerlose persone en gemeenskappe te verskaf. Dit is ’n gesamentlike poging tussen PEN (Pretoria), MES (Johannesburg, Kempton Park, Gqeberha en Kaapstad), His Hands (Durban) en Torings van Hoop (Bloemfontein). 

Lees ook: ‘n Plek om te leer moedhou

’n Netwerk van meer as 140 insamelpunte is landswyd geskep waar donasies ingesamel word. Daarna word dit versprei binne dieselfde plaaslike gemeenskappe waar dit die nodigste is.

Die hoofdoel met die veldtog is om op ’n verantwoordelike wyse ’n helpende hand uit te reik en sodoende te verseker dat kwesbare persone die nodige hulpbronne het om die koue winterseisoen te trotseer. Hierdie hulpbronne sluit klere, kos, komberse en finansiele donasies in.

Lees ook: God skep geleenthede

Vanjaar kon die Winterhoop veldtog die volgende uitdeel aan 3 265 oornagskuilings: 2 250 komberse, 505 Bybels, 6 888 etes, 3 800 kospakkies, 286 sakke klere, 213 pare skoene en 1 963 musse. 

Bydraes en donasies tot die veldtog is steeds welkom. Vir meer inligting besoek: http://www.winterhoop.org

  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. Sien bronverwysing onderaan die artikel.
  • Bron: Winterhoop.org via Winterhoop Facebookblad

Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top