Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

So help jy Winterhoop om warmte en vol mae te bring vir mees kwesbares


Hulle ontvang reeds ongeveer 150 mense daagliks by hulle sopkombuise en die winter het skaars begin. Die nood vir klere, kos en skoene is hartseer en dringend. So vertel Torings van Hoop in ’n Facebook-plasing  wat op 3 Junie gemaak is.

Ds De la Harpe Le Roux, aan die stuur van dié bediening, vertel die getal kan in die koue weer tot soveel as 280 per dag styg. 

Lees ook: Ontdek nuwe hoop op ou plekke | Jaco Strydom gesels met De la Harpe le Roux

Hierdie NGO, gekoppel aan die historiese NG Kerk Bloemfontein, of beter bekend as die Tweetoringkerk, vorm saam met hulporganisasies reeds vir 24 jaar deel van ’n landwye kollektief bekend as Winterhoop. Die organisasies sluit in, MES (Johannesburg, Kempton Park, Gqeberha en Kaapstad), PEN (Pretoria) en His Hands Mission (Durban) sowel as talle gemeentes en nie-regeringsorganisasies. Die veldtog wat hoop en warmte uitdeel vind weer vanjaar plaas van 1-30 Junie 2025. 

Gesamentlik help hulle elke jaar duisende kwesbare mense met warm klere, komberse en nie-bederfbare kos. Net laasjaar se getalle, soos te sien op Winterhoop se webblad, laat ’n mens klaar duisel van hartseer:32 887 beddens geborg, 2 654 komberse uitgedeel, 49 177 maaltye of kospakkies sowel as 1 523 sakke klere versprei.

Wie word gehelp?

Luidens hulle webblad, is die fokus om hoop te bring aan diegene wat sukkel om vir hulself en hul gesinne te sorg. 

Lees meer oor die groter oogmerk van hierdie inisiatief en die hoopvolle impak op mense se lewens: ’n Plek om te leer moedhou

Hoe help ek, my groep of gemeente?

Op drie maniere:

  • Bring items soos warm klere, serpe, musse en nie-bederfbare kos na een van die 150 aflaaipunte (klik hier om uit te vind watter een naaste aan jou is)
  • Borg ’n ete, bed of warm klere
  • Raak betrokke deur te help om donasies te sorteer en uit te deel (klik hier om meer uit te vind)

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top