Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Flits

’n Groep senior kerkleiers van Nelson Mandelabaai wag dat president Cyril Ramaphosa reageer op hulle dringende beroep dat hy by hierdie Oos-Kaapse hawestad ingryp ondermeer omdat herstelwerk sloer aan kritiese infrastruktuur soos die Matanzimaburg wat steeds onbegaanbaar is bykans ’n jaar na erge vloedskade in die gebied. Foto: Daily Sun geneem met president (links) se besoek aan die gebied in Junie laasjaar.

Elders gesien | Besorgde kerkleiers ‘kan nie langer stilbly’ oor Baai se verval – doen beroep op Ramaphosa

’n Groep senior kerkleiers wag dat president Cyril Ramaphosa reageer na hulle “dringende beroep” dat hy ingryp in wat hulle die “dire state of affairs” in die Nelson Mandelabaai Metropool noem soos uitgelig in ’n gesamentlike brief wat hulle in Mei aan hom gerig het. In hierdie brief, ook gestuur aan die Oos-Kaapse premier, Oscar […]

Elders gesien | Besorgde kerkleiers ‘kan nie langer stilbly’ oor Baai se verval – doen beroep op Ramaphosa Lees verder

Flits Nuus
Die bedieningsorganisasie Geopende Deure Suider-Afrika het ʼn spesiale veldtog bekendgestel rondom Vervolgingsondag 15 Junie om bewustheid oor die benarde situasie van vervolgde Christene in Afrika te skep. Foto: Verskaf

Organisasie vra kerke om Sondag 15 Junie vir vervolgde kerk in Afrika opsy te sit

Die bedieningsorganisasie Geopende Deure Suider-Afrika het ʼn spesiale veldtog bekendgestel rondom Vervolgingsondag wat vanjaar op 15 Junie 2025 val. Dié veldtog is daarop gemik om kerke en ander Christelike organisasies betrokke te kry om bewustheid oor die benarde situasie van vervolgde Christene in Afrika te skep. Die eerste Sondag ná Pinkster is wêreldwyd bekend as

Organisasie vra kerke om Sondag 15 Junie vir vervolgde kerk in Afrika opsy te sit Lees verder

Flits
Premier Alan Winde het die aand van 26 Februarie sy provinsiale rede in die kerksaal van die NG Moedergemeente op Beaufort-Wes gelewer. Foto's: verskaf

Elders gesien | Kerkraadslid ervaar God by ‘politieke aand’

Premier Alan Winde het die aand van 26 Februarie sy provinsiale rede in die kerksaal van die NG Moedergemeente op Beaufort-Wes gelewer. Kerkraadslid Marné Janse van Veuren het die geleentheid bygewoon.  Sy skryf in VrydagNuus van 7 Maart 2025: “Alhoewel die fokus van die aand op politiek was, was daar iets wat die premier keer

Elders gesien | Kerkraadslid ervaar God by ‘politieke aand’ Lees verder

Flits
Die Fellowship of Christian Councils in Southern Africa (FOCCISA) het onlangs gevra vir hernieude diplomatieke pogings om stabiliteit te herstel in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Foto: UN News

Elders gesien | Kerkleiers moedig staatshoofde aan om konflik in Kongo te halt

Die Fellowship of Christian Councils in Southern Africa (FOCCISA) het onlangs ‘n beroep op die Afrika-unie en die presidente van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Rwanda en Suid-Afrika gedoen vir optrede om die toenemende geweld in die ooste van die DRK te stop. Die onlangse oplewing in gevegte, veral in Goma, het gelei

Elders gesien | Kerkleiers moedig staatshoofde aan om konflik in Kongo te halt Lees verder

Flits

ELDERS gesien | Teoloë stel petisie op teen narratief wat Trump oor SA dryf

Plaaslike Christenleiers het Woensdag 12 Februarie in ’n verklaring onlangse optrede deur die Amerikaanse regering, soos die onttrekking van steun aan ondermeer MIV-programme in Suider-Afrika via USAID, ten sterkste veroordeel. Die skrywers sê die narratief van die Amerikaanse regering onder leiding van pres Trump is gebaseer op “verdigsels, verdraaiings en blatante leuens” oor die situasie

ELDERS gesien | Teoloë stel petisie op teen narratief wat Trump oor SA dryf Lees verder

Flits Nuus

Elders gesien: ‘Ek het geleer om aanpasbaar te wees’ – sê Vrystaatse teologiese student met 40% sig

Nielbert Mostert is met 40% sig gebore. Hy het onlangs sy BTh Honneurs-skripsie oor die Godsbeeld van die Gestremde voltooi by Universiteit Vrystaat en is tans besig met sy MTh-graad. “Omdat ek as kind daarmee gebore is, het ek nie regtig besef dat ek dinge op ’n ander manier raaksien nie,” vertel hy vir Mariëtte

Elders gesien: ‘Ek het geleer om aanpasbaar te wees’ – sê Vrystaatse teologiese student met 40% sig Lees verder

Flits
Die klein gemeente NG Laeveld het ’n mooi storie hoe ’n pou se foto op hulle kerkkalender gelei het tot ’n nuutgeverfde kerkgebou. Hierdie foto is verlede jaar voor die herstelwerk gedoen is geneem. Foto's: Verskaf

Elders gesien | Klein Laeveldse gemeente skep nuwe moed na pou-foto tot opknap lei

Hoe gemaak as julle kerkgebou, wat elke jaar julle kerkkalender versier, mooimaak nodig het waarvoor daar nie fondse is nie?  Ds Francois Schwalb het in ’n onlangse Yskasstories-nuusbrief van Oostelike Sinode vertel hoe dit gebeur het dat hulle klein Laeveldse gemeente die jaar eindig met ’n nuutgeverfde kerkgebou. Hulle het nie fondse of hande gehad

Elders gesien | Klein Laeveldse gemeente skep nuwe moed na pou-foto tot opknap lei Lees verder

Flits Hoopstories
Mikhal Barnes het ’n hoender persent gekry op sy eerste uitreik na Makhathini in 2014 as graad 10-tiener. Foto: Verskaf

Elders gesien: ‘Uitreik is ook ’n inreik’ – hoor leraar op Makhathini

“Vir die afgelope tien jaar praat ons altyd van die ‘uitreik’ na Makhathini, maar verlede jaar het ds Lucky Kunene van die VGK Makhathini my daarop gewys dat dit nie net ’n uitreik is nie, maar ook ’n inreik.” Dit hoor Mariëtte Odendaal van Getuienisaksie by ds Mikal Barnes. Sy skryf dat hy die afgelope tien

Elders gesien: ‘Uitreik is ook ’n inreik’ – hoor leraar op Makhathini Lees verder

Flits

Elders gesien: Zanne Stapelberg sing ten bate van kwesbare kinders

Kunstenaar Zanne Stapelberg tree Vrydagaand 2 Augustus saam met haar top studente op by die NG Kerk Panorama in wat beloof om ‘n boeiende reis deur flieks en musiekblyspele te bied. Dit is volgens die Christelike maatskaplike sorgorganisasie Badisa wat die geleentheid gedoop het die Cuddle for a Cause-aand om Kuumba Care bekend te stel, 

Elders gesien: Zanne Stapelberg sing ten bate van kwesbare kinders Lees verder

Badisa Flits
Ds Lerisa Meyer en dr Mike Heany onthul ’n gedenkplaat om die NG Gemeente Margate se 50ste bestaansjaar te vier. Foto's: Verskaf

Elders gesien | NG Gemeente Margate ‘geseënd om 50ste bestaansjaar te vier’

“NG Gemeente Margate is geseënd om hierdie jaar ons 50ste bestaansjaar te vier. Ons het daarom vir hierdie jubeljaar die tema ‘Eer God vir vyftig jaar’ gekies,” skryf ds Lerisa Meyer onlangs vanaf hierdie kusdorp in die suide van KwaZulu-Natal. Vyftig jaar gelede het hierdie gemeente afgestig van NG Gemeente Port Shepstone. Sy noem dat

Elders gesien | NG Gemeente Margate ‘geseënd om 50ste bestaansjaar te vier’ Lees verder

Flits

Elders: ‘My Bybel is op my selfoon want papierbybels verbrand’

Ds Rethie van Niekerk is die dominee by NG Gemeente Driehoek in die Vaaldriehoek. In 2019 het hulle huis afgebrand. Sy was toe predikant van die NG Gemeente Somerstrand in Gqeberha in die Oos-Kaap. Sy vertel in hierdie video as deel van LiG se God se krag in my krisis-getuienisreeks oor die lewenslesse wat sy

Elders: ‘My Bybel is op my selfoon want papierbybels verbrand’ Lees verder

Flits
Min gepla deur beurtkrag vat ds. Tienie Swanepoel en Gert van der Linde (regs) hulle leesbeurt tydens die onlangse Bybelleesmaraton by NG Gemeente Mareetsane in Noordwes. Foto’s: Verskaf

Elders gesien: Klein Noordwesgemeente lees saam hele Bybel deur

“Ons moedig alle kerke aan om dit te probeer.”  So vertel Susan van der Linde vir Kerkbode oor haar ervaring van ’n onlangse Bybelleesmaraton by hulle klein gemeente in Noordwes. Sondag 3 Maart het 27 lidmate van die NG Gemeente Mareetsane begin om elke dag beurte van 30 minute of langer te neem om hardop

Elders gesien: Klein Noordwesgemeente lees saam hele Bybel deur Lees verder

Flits Hoopstories
'Dit is net genade dat ek nog hier is," vertel Andrew de Vries in ’n aangrypende video-onderhoud vir LiG se nuwe YouTube-kanaal, LiG: God se krag in my krisis.

Elders gesien: ‘Dit is net genade dat ek vandag hier is’ vertel man wat 15 keer met ’n mes gesteek was

“In my geestesoog het ek goue vuurwerke gesien wat hemel toe skiet. Ek het besef die Vader wys vir my die baie, baie smeekgebede van medegelowiges wat vra dat my lewe gespaar word.”  So onthou Andrew de Vries daardie dag byna twee jaar gelede toe hy in die hospitaal besig was om vir sy lewe

Elders gesien: ‘Dit is net genade dat ek vandag hier is’ vertel man wat 15 keer met ’n mes gesteek was Lees verder

Flits

Elders gesien: ‘NG Kerk moet land help skryf aan ’n nuwe storie’ – Rudi Swanepoel

Ds Rudi Swanepoel skryf onlangs op sy facebookblad dat hy meen die NG Kerk “die hele land móét help skryf aan ’n nuwe storie deurtrek van hoop en op die rouste manier eerlik (want die waarheid maak vry)”.  Hy verduidelik die hoekom só: “Want dis ons (NG Kerk) wat help skryf het aan ’n storie

Elders gesien: ‘NG Kerk moet land help skryf aan ’n nuwe storie’ – Rudi Swanepoel Lees verder

Flits

Elders gelees: ‘Suid-Afrika het hoopvolle, nederige en innerlike sterk mense nodig’ – Braam Hanekom

“Hierdie week vier baie gemeentes regoor die land Pinksterfees. Mag ons die oorvloedige teenwoordigheid van die Heilige Gees beleef,  wat ons nederig én sterk maak. Suid-Afrika het in hierdie uitdagende tye baie hoopvolle, nederige en innerlike sterk mense nodig,” skryf ds Braam Hanekom.  Dié aanhaling kom uit ‘n onlangse artikel deur Hanekom wat vermeld is

Elders gelees: ‘Suid-Afrika het hoopvolle, nederige en innerlike sterk mense nodig’ – Braam Hanekom Lees verder

Flits
Scroll to Top