Hierdie Forumbydrae is geskryf en regstreeks deur 'n Kerkbode-blogger opgelaai.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Premier Alan Winde het die aand van 26 Februarie sy provinsiale rede in die kerksaal van die NG Moedergemeente op Beaufort-Wes gelewer. Kerkraadslid Marné Janse van Veuren het die geleentheid bygewoon.
Sy skryf in VrydagNuus van 7 Maart 2025: “Alhoewel die fokus van die aand op politiek was, was daar iets wat die premier keer op keer gesê het wat vir my uitgestaan het. Ek dink dit is ook die plek waar ek die Here die duidelikste ervaar het.
“Die premier het aangehaal uit die lied We must stand up wat vroeër die aand gesing is. Hy het dit nie noodwendig op die manier bedoel nie, maar ek het dit ervaar dat ons moet opstaan in ons geloof en uitgaan in die land en die wêreld, maak nie saak hoe groot ons bydrae is nie.
Ons moet ons gemeenskappe help om nader aan die Here te kom en sy doel vir ons land en dorpe te laat waar word. Al wat ons moet doen, is om op te staan.”
