- Hierdie kennisgewings is op 23 September opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop MJ (Thys) Lourens vroeër van GKSA Nelspruit as tentmaker na Barberton.
AANVAAR
Ds L (Lisa) Holtzhausen van Ellisras-Wes na Kamieskroon; prop MJ (Thys) Lourens vroeër van GKSA Nelspruit as tentmaker na Barberton.
BEDANK
Ds D (Dylan) Allen van Bothaville vir Lydenburg-Suid.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Hiermee gee Kamieskroon NG Kerk kennis dat ds Lisa Holtzhausen DV op die 4de Oktober 2026 bevestig word as predikant van die gemeente en sy lewer ook dan haar intreepreek. (Studentbedienaar AE (Koekoes) van As, ringskriba: Ring van Namakwaland, 22.09.2026).
Ds HF (Heinrich) Niehaus van die NG Gemeente Laingsburg is op 6 September 2026 as predikant van die NG Gemeente Gordonsbaai bevestig. Ds Mareli Niehaus het hom met handoplegging as leraar bevestig. (Sanette Strydom, kantoorbestuurder/skriba: NG Gemeente Gordonsbaai, 18.09.2026).
RINGSITTING
Die Ring van Namakwaland gee hiermee kennis dat die ring se sewe en vyftigste gewone ringsvergadering DV op Saterdag 10 Oktober 2026 te Boesmanland NG kerksaal in Springbok sal plaasvind. (Studentbedienaar AE (Koekoes) van As, ringskriba: Ring van Namakwaland, 22.09.2026).
NOORD-KAAPLAND
SINODESITTING
Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Maandag 12 Oktober 2026 tot Donderdag 15 Oktober 2026 te Kimberley, in die kerksaal van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kimberley-Vooruitsig. (Ds Christo Jonck, predikant in sinodale diens: NGK in Noord-Kaapland, 06.03.2026).
NOORDELIKE
SINODESITTING
Hiermee deel ek graag die amptelike kennisgewing van die gewone sinodevergadering van die Noordelike Sinode wat plaasvind van 18 tot 22 Oktober 2026 te Weesgerus, Modimolle. (Elmarie Jooste, kommunikasiebeampte: Noordelike Sinode, 23.09.2026).
OOSTELIKE
BEVESTIGING
Op Sondag 13 September 2026 is proponent Thys Lourens as leraar bevestig in ’n tentmakerspos te NG Kerk Barberton. (Johannes van der Merwe, skriba: Ring van Barberton, 21.09.2026).
BEDANK
Hiermee kennis dat ds Dylan Allen van NG Bothaville die beroep bedank het na NG Lydenburg-Suid. (Lené Nel, kerkkantoor: NG Lydenburg-Suid, 22.09.2026).
REFORMED CHURCH IN AFRICA (RCA)
NATIONAL SYNOD
The Reformed Church in Africa, (sister Church of the NGK) would like to place an announcement of the above Synod in the Kerkbode. The RCA National Synod will take place from 29 September till 04 October 2026. Venue: 261 Jewel Street, Laudium, Pretoria, Hosted by RCA Charisma. (Rev Akash Sirpal (083 255 3611), scribe: RCA, 04.09.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
