Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Suikerbos (Drie Riviere-Oos, Vereeniging): Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse leraar

Geleentheid vir afgestudeerde proponent

Voltyds drie jaar (met die moontlikheid om te onderhandel na die voltooiing van die periode vir ’n verdere termyn wat ’n permanente aanstelling kan wees).

In diepe afhanklikheid wag ons aansoeke in om as predikant in ons gemeente aangestel te word.

Die ideale kandidaat moet bereid wees om in ’n dinamiese gevestigde gemeente saam te werk tot eer van God en sy koninkryk. ’n Vereiste is dat ons suksesvolle kandidaat met oorgawe Artikel 9 van die Kerkorde natuurlik moet uitleef. Dit is vir ons gemeente belangrik om hierdie eienskap as ononderhandelbaar te sien.

Daarmee saam verwag ons innovasie en energie van ons toekomstige leraar ter ondersteuning van die doelwitte en behoeftes van ons gemeente. Vir hierdie rede is ons op soek na proponente wat oor die nodige wil en deursettingsvermoë beskik om God se wil in Suikerbos-gemeente uit te leef.

Die doelwit vir hierdie advertensie is om slegs afgestudeerde en gelegitimeerde proponente te oorweeg.

Die gemeente onderneem om:

’n Vergoedingspakket wat strook met die NG Kerk se voorskrifte aan te bied. Wat ons bereid is om te doen is om die vergoedingspakket binne perke aan te pas by die behoeftes van ons toekomstige leraar.

Indien u “Ja” kan antwoord op die volgende vier vrae, wil ons baie graag en dringend met u gesels:

  1. Ek is ’n behoorlike gekwalifiseerde en gelegitimeerde proponent van die NG Kerk.
  2. Ek is tans in diens van ’n gemeente as diensleraar/proponent wat kwalifiseer om as predikant van die NG Kerk aangestel te word.
  3. Ek berus myself by die uitleef van Artikel 9 soos voorgeskryf deur die Kerkorde van die NG Kerk.
  4. Ek is onmiddelik beroepbaar vir die NG Kerk.

Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik.

Sluitingsdatum vir hierdie uitnodiging: 6 November 2026.

Wees asseblief so gaaf en voorsien ons van u CV met stawende dokumente en indien beskikbaar “A portfolio of evidence” wat u studies en loopbaan tot nou toe opsom en bevestig.

Ons sien uit om u besonderhede te ontvang deur dit te stuur na ngksb@lantic.net.

Vir navrae skakel Mariska Botha by 072 110 9719.

Die kerkraad behou die voorreg indien nodig om nie ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.