Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Meyertonpark: Voltydse leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Voltydse leraar

Dit is met biddende en opgewonde harte wat ons uitsien om ’n leraar te ontvang.

Gemeenteprofiel:

  • Die gemeente is geleë in die Midvaal Munisipaliteit as deel van die Vaaldriehoek-omgewing.
  • Ons gemeente se leuse is: LEEF VIR DIE KONING.
  • As huisgesin van Christus streef ons om sy liefde teenoor mekaar en die samelewing uit te leef.
  • Ons jaarlikse lentefees, oesfees, gholf- en rolbaldae lê ons na aan die hart.
  • Deur ons maandelikse voedingskema spreek ons die groot behoefte in ons gemeenskap aan.
  • Ons is dankbaar oor ’n funksionerende kerkraad van ouderlinge en diakens wat die nodige leiding gee en toegewys is aan 17 wyke versprei oor die Midvaal-gebied.
  • Hier is uitstekende laer- en hoërskole en ons is opgewonde oor die groei en ontwikkeling in ons area.
  • Ons is tans ongeveer 363 belydende lidmate en 60 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

  • ’n Toegewyde, entoesiastiese gelowige wat erns maak met gebed.
  • Skrifgetroue en toepaslike prediking.
  • Goeie menseverhoudings.
  • Leiding gee binne spanverband.
  • ’n Gawe om mense te inspireer en te bemoedig.
  • Bekwaam en entoesiasties oor jeugbediening.
  • Senior lidmate pastoraal versorg.
  • Passievol en pligsgetrou.

Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding:

  • Onderhandelbaar met die sinodale skale en voordele as riglyn.
  • ’n Ruim pastorie is beskikbaar vir bewoning (swembad en lapa ingesluit).

Navrae: Hennie Troskie: 082 322 6405. Mariette Barnard: 082 494 9846.

Sluitingsdatum: 11 Januarie 2027.

Belangstellendes word genooi om ’n CV voor of op Maandag 11 Januarie 2027 te stuur na: Linda Roos (skriba/kassier): meyertonpark@absamail.co.za

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak uit aansoeke ontvang nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.