Hierdie Forumbydrae is geskryf en regstreeks deur 'n Kerkbode-blogger opgelaai.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
“In my geestesoog het ek goue vuurwerke gesien wat hemel toe skiet. Ek het besef die Vader wys vir my die baie, baie smeekgebede van medegelowiges wat vra dat my lewe gespaar word.”
So onthou Andrew de Vries daardie dag byna twee jaar gelede toe hy in die hospitaal besig was om vir sy lewe te veg na ’n tydelike werknemer hom en die hekwag met ’n mes aangeval het by Koelenhof-wynkelder naby Stellenbosch waar De Vries die besturende direkteur is.
In ’n aangrypende video-onderhoud vir LiG se nuwe YouTube-kanaal, LiG: God se krag in my krisis, vertel De Vries hy was 15 keer met ’n mes gesteek. Sy lippe en tong was deurgekloof, sy tande uit en sy kakebeen gebreek.
Terwyl die dokters in die hospitaal aan hom werk het dit vir hom op ‘n punt begin voel of hy versmoor. Hy het probeer bid maar kon nie die woorde van die Onse Vader onthou nie. Toe sien hy ’n gesig van vuurwerke …
Klik hier om Andrew se volle video-verhaal te kyk.
- Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.
- Teken in via hierdie SKAKEL om ingelig te bly oor nuwe getuienisvideo’s.
- Het jy nuus? Kontak Kerkbode gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
