Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: ‘Suid-Afrika het hoopvolle, nederige en innerlike sterk mense nodig’ – Braam Hanekom

Hierdie Forumbydrae is geskryf en regstreeks deur 'n Kerkbode-blogger opgelaai.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

“Hierdie week vier baie gemeentes regoor die land Pinksterfees. Mag ons die oorvloedige teenwoordigheid van die Heilige Gees beleef,  wat ons nederig én sterk maak. Suid-Afrika het in hierdie uitdagende tye baie hoopvolle, nederige en innerlike sterk mense nodig,” skryf ds Braam Hanekom. 

Dié aanhaling kom uit ‘n onlangse artikel deur Hanekom wat vermeld is in Vrydagnuus van 26 Mei 2023. So lui die plasing:

Pinkstertyd met wysheid en nederigheid

Braam Hanekom skryf dat Suid-Afrikaners moet waak teen meerderwaardigheid en minderwaardigheid omdat dit groot skade in gemeenskappe kan aanrig.

“Meerderwaardigheid of hoogmoed soos die Bybel dit noem, is een van daardie dinge waaroor die Skrif van die mees veroordelende uitsprake maak. Dit kry gestalte in trots, disrespek, verwronge vorme van manlikheid (patriargie), rassisme en verskillende vorme van geweld. Dit knou, maak seer en laat diep letsels. Dit wys verder gesig in intellektuele meerderwaardigheid, teologiese en godsdienstige meerderwaardigheid en veral ook klassemeerderwaardigheid. 

Gelowiges wat hul diepste identiteit in Jesus Christus vind, word nie volkome gevrywaar van meerderwaardigheid of minderwaardigheid nie. Ons is steeds mense. Binne-in jou groei daar egter iets waarteen jy jouself voortdurend kan meet. Iets groter as die mense en die wêreld om jou wat jou so maklik van balans stamp. Terselfdertyd vul die liefde van God ons met ‘n innerlike krag wat ons met oortuiging laat opstaan teen ‘n wêreld vol disrespek, wat ons minderwaardig wil laat voel. Ons identiteit as volgelinge van Christus laat ons besef en ervaar dat God ons liefhet. Dit laat ons groei in nederigheid en innerlike krag.

Hierdie week vier baie gemeentes regoor die land Pinksterfees. Mag ons die oorvloedige teenwoordigheid van die Heilige Gees beleef,  wat ons nederig én sterk maak. Suid-Afrika het in hierdie uitdagende tye baie hoopvolle, nederige en innerlike sterk mense nodig.” 

Sy volle skrywe is op die webblad beskikbaar. 


  • Bron: Vrydagnuus 26 Mei 2023
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top