Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Elders gesien: Zanne Stapelberg sing ten bate van kwesbare kinders

Hierdie Forumbydrae is geskryf en regstreeks deur 'n Kerkbode-blogger opgelaai.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


Kunstenaar Zanne Stapelberg tree Vrydagaand 2 Augustus saam met haar top studente op by die NG Kerk Panorama in wat beloof om ‘n boeiende reis deur flieks en musiekblyspele te bied.

Dit is volgens die Christelike maatskaplike sorgorganisasie Badisa wat die geleentheid gedoop het die Cuddle for a Cause-aand om Kuumba Care bekend te stel,  hulle innoverende nuwe fondswerwing gemik op kinderbeskerming.

Die geleentheid is ’n belangrike fondsinsameling vir die Kuumba Care-program sê Linda Awerbuch, maatskaplike dienstebestuurder by Badisa Tygerberg. Sy vertel meer, “As aangewese kinderbeskermingsorganisasie, is ons primêre doelwit die voorkoming van kindermishandeling en -verwaarlosing wat die sentrale fokus is van die Kuumba Care-program. 

“Dit is hoekom ons by hierdie geleentheid ’n nuwe reeks bekendstel van Kuumba Care-produkte en -klere. Deur dit te doen, beoog ons om ons program selfonderhoudend en beter toegerus te maak om te kan voorsien in die wesenlike behoeftes van ons te gemeenskap.”

Kuumba Care is in 2022 gestig deur Badisa Tygerberg. Dit is ‘n Swahili-woord wat “kreatiwiteit” beteken. Vir Badisa verwoord dit dat hulle kreatief soveel doen as wat hulle kan op hulle manier om ‘n gemeenskap na te laat wat mooier en voordeliger is as wat dit was. 

Kaartjies is te koop by Webtickets.

  • Hierdie artikel verskyn as deel van ’n inhoudsvennootskap tussen Kerkbode en Badisa.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top