Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Fellowship of Christian Councils in Southern Africa (FOCCISA) het onlangs gevra vir hernieude diplomatieke pogings om stabiliteit te herstel in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). Foto: UN News

Elders gesien | Kerkleiers moedig staatshoofde aan om konflik in Kongo te halt

Hierdie Forumbydrae is geskryf en regstreeks deur 'n Kerkbode-blogger opgelaai.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Die Fellowship of Christian Councils in Southern Africa (FOCCISA) het onlangs ‘n beroep op die Afrika-unie en die presidente van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Rwanda en Suid-Afrika gedoen vir optrede om die toenemende geweld in die ooste van die DRK te stop. Die onlangse oplewing in gevegte, veral in Goma, het gelei tot wydverspreide burgerlike lyding en die tragiese dood van lede van vredesmagte.

In hulle appèl, gemaak op 7 Februarie, word verwys na die M23-rebellegroep se oorname van die Kongolese stad, Goma, en die verwoesting wat dit veroorsaak het, ingesluit sterftes, seksuele geweld en mediese fasiliteite wat oorweldig is. In hul verklaring (sien onder) het FOCCISA hierdie menseregteskendings ten sterkste veroordeel en gevra vir ’n dringende wapenstilstand.

Die organisasie sê hulle is hartseer dat lede van vredesmagte hulle lewens verloor het. Uit Suid-Afrika was daar 14 soldate wat gesterf het terwyl drie Malawiërs en een soldaat van Uruguay se vredesmag ook hul lewens verloor het. FOCCISA het gesê hulle eer hierdie soldate se opoffering en het gevra vir hernieude diplomatieke pogings om stabiliteit te herstel.

7.2.2025-FINAL_PUBLIC-APPEAL-FROM-FOCCISA-TO-THE-AU-SPECIFICALY-PRESIDENTS-OF-THE-DRC-RWANDA-AND-RSA

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top