Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 11 September 2026)

BEROEP

Dr DJ (Danie) Langner van Lyttelton na Môregloed.

AANVAAR

Ds PG (Gerhard) Meyer van Langenhovenpark na Margate.

WES-KAAPLAND

RINGSITTING

Die Ring van Swellendam gee hiermee kennis dat die ring se 152ste ringsvergadering DV op Sondag 13 September 2025 te Excelsior-wynlandgoed buite Ashton plaasvind. (Ds JJ du Preez, ringskriba: Ring van Swellendam, 08.09.2026).

NOORD-KAAPLAND

SINODESITTING

Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Maandag 12 Oktober 2026 tot Donderdag 15 Oktober 2026 te Kimberley, in die kerksaal van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kimberley-Vooruitsig. (Ds Christo Jonck, predikant in sinodale diens: NGK in Noord-Kaapland, 06.03.2026).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Ons is baie opgewonde daaroor om vir ds Gerhard Meyer die 11de Oktober 2026 te bevestig by NG Gemeente Margate. (Ds Lerisa Meyer, leraar: NG Gemeente Margate, 08.09.2026).

NOORDELIKE

BEROEP

Dr Danie Langner is beroep na NG Gemeente Môregloed vir ’n drie jaar termynpos. Hy is tans betrokke by NG Gemeente Lyttelton as tentmaker. (Ilse van Hemert, skriba: NG Gemeente Môregloed, 09.09.2026).

REFORMED CHURCH IN AFRICA (RCA)

NATIONAL SYNOD

The Reformed Church in Africa, (sister Church of the NGK) would like to place an announcement of the above Synod in the Kerkbode. The RCA National Synod will take place from 29 September till 04 October 2026. Venue: 261 Jewel Street, Laudium, Pretoria, Hosted by RCA Charisma. (Rev Akash Sirpal (083 255 3611), scribe: RCA, 04.09.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top