- Hierdie kennisgewings is op 11 September opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Dr DJ (Danie) Langner van Lyttelton na Môregloed.
AANVAAR
Ds PG (Gerhard) Meyer van Langenhovenpark na Margate.
WES-KAAPLAND
RINGSITTING
Die Ring van Swellendam gee hiermee kennis dat die ring se 152ste ringsvergadering DV op Sondag 13 September 2025 te Excelsior-wynlandgoed buite Ashton plaasvind. (Ds JJ du Preez, ringskriba: Ring van Swellendam, 08.09.2026).
NOORD-KAAPLAND
SINODESITTING
Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Maandag 12 Oktober 2026 tot Donderdag 15 Oktober 2026 te Kimberley, in die kerksaal van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kimberley-Vooruitsig. (Ds Christo Jonck, predikant in sinodale diens: NGK in Noord-Kaapland, 06.03.2026).
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Ons is baie opgewonde daaroor om vir ds Gerhard Meyer die 11de Oktober 2026 te bevestig by NG Gemeente Margate. (Ds Lerisa Meyer, leraar: NG Gemeente Margate, 08.09.2026).
NOORDELIKE
BEROEP
Dr Danie Langner is beroep na NG Gemeente Môregloed vir ’n drie jaar termynpos. Hy is tans betrokke by NG Gemeente Lyttelton as tentmaker. (Ilse van Hemert, skriba: NG Gemeente Môregloed, 09.09.2026).
REFORMED CHURCH IN AFRICA (RCA)
NATIONAL SYNOD
The Reformed Church in Africa, (sister Church of the NGK) would like to place an announcement of the above Synod in the Kerkbode. The RCA National Synod will take place from 29 September till 04 October 2026. Venue: 261 Jewel Street, Laudium, Pretoria, Hosted by RCA Charisma. (Rev Akash Sirpal (083 255 3611), scribe: RCA, 04.09.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
