Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Vastetermynpos (Twee jaar met die opsie om dit met drie jaar te verleng)
GEMEENTEPROFIEL
Die NG Kerk Oranjeville is ’n plattelandse gemeente in die Noord-Vrystaat, ongeveer 65 km vanaf die Vaaldriehoek.
Die gemeente bestaan uit 164 belydende lidmate en 33 dooplidmate waarvan 60% bo die ouderdom van 60 jaar is en waarvan ongeveer 40% op plase woon. Die gemeente is behoudend en plaas ’n groot premie op die gesag van die Bybel, soos omskryf in Artikels 3-7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Die gemeente onderskryf dan ook die gereformeerde belydenisskrifte van die Kerk.
LERAARSPROFIEL
Die kerkraad en die gemeente nooi enige gelegitimeerde persone in die kerk uit wat dinamies en Geesvervuld is en wat minstens aan die volgende voldoen om vir die pos aansoek te doen:
- ’n Toegewyde Christen wat die Here liefhet en dien en geroepe is vir ’n bediening in ’n plattelandse gemeente.
- Leiereienskappe besit met goeie menseverhoudinge wat na alle lidmate op sosiale vlakke en ouderdom kan uitreik.
- ’n Prediker wat eredienste lei as ’n verrykende ontmoeting tussen God en die gemeente, op ’n ontspanne en informele wyse.
BESONDERE VEREISTES
Aangesien die gemeente behoudend is, is die volgende vereistes ook uiters belangrik. Die persoon wat aansoek doen, moet skriftelik bevestiging van die volgende gee:
- Persoonlike Skrifbeskouing.
- Die volledige onderskrywing van die belydenisskrifte van die kerk of nie.
- Persoonlike standpunt ten opsigte van die besluite van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudinge en die ruimhuisgedagte.
PLIGTE: Pligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
VERGOEDING
- Totale koste van indiensneming (TKVI) is R496 000 per jaar (onderhandelbaar).
- Behuising (ruim en keurige pastorie).
- Gemeentevoertuig.
AANSOEKE
’n CV – nie langer as drie bladsye nie – met twee referente en kontakbesonderhede.
Getuigskrifte sal aangevra word indien nodig.
Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt / onderhoud.
Per E-Pos asseblief: ngkoranjeville1919@gmail.com
Sluitingsdatum: Maandag, 2 November 2026 om 12:00 nm.
Diensaanvaarding : Januarie 2027.
NAVRAE
Hanlie Wolmarans: 078 318 9651.
D’Wall Hauptfleisch: 082 315 0213.
Maryna Marais: 072 237 7457.
Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
