- Hierdie kennisgewings is op 18 September opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds A (Alida) du Plessis van Elspark na Zeerust; ds FE (Frikkie) Marais van Napier na Wakkerstroom; ds R (Ruan) Nieuwenhuizen van Somerset-Oos na Uitenhage-Noord; ds SE (Edwin) van Wyk van Randpoort na Stad op die Berg (Louis Trichardt).
BEDANK
Ds M (Morné) Steenkamp vroeër van Randburg vir Fairland.
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Die gemeenteraad van NG Kerk Uitenhage-Noord het op 14 September 2026 vir ds Ruan Nieuwenhuizen van NG Kerk Somerset-Oos as predikant beroep, met diensaanvaarding 1 Maart 2027. (Rina Wait, saakgelastigde: NG Kerk Uitenhage-Noord, 18.09.2026).
NOORD-KAAPLAND
SINODESITTING
Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Maandag 12 Oktober 2026 tot Donderdag 15 Oktober 2026 te Kimberley, in die kerksaal van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kimberley-Vooruitsig. (Ds Christo Jonck, predikant in sinodale diens: NGK in Noord-Kaapland, 06.03.2026).
GOUDLAND
BEROEP
Hiermee gee ons kennis dat, op ons kerkraadsvergadering van 13 September 2026, ds Alida du Plessis, van NG Gemeente Elspark, beroep is na NG Gemeente Zeerust. (Zelle-Marie Martens, skriba: NG Gemeente Zeerust, 18.09.2026).
NOORDELIKE
BEROEP
Ds Edwin van Wyk, van die NG Kerk Randpoort in Randfontein, is tydens ’n kerkraadsvergadering, gehou op 30 Augustus 2026, beroep na die NG Stad op die Berg Gemeente (Louis Trichardt Moedergemeente) as medeleraar. (Ds Jan Pretorius, voorsitter kerkraad: NG Stad op die Berg Gemeente, 17.09.2026).
HOËVELD
BEDANK
Hiermee gee NG Gemeente Fairland kennis dat ds Morne Steenkamp nie die pos as tentmaker by NG Fairland aanvaar het nie. (Olga van der Westhuizen, kantoorbestuurder/skriba: NG Gemeente Fairland, 14.09.2026).
OOSTELIKE
BEROEP
Graag stel ons julle in kennis dat op die kerkraadsvergadering van 17 Sep 2026, van NG Kerk Wakkerstroom, ds Frikkie Marais van Napier beroep is. (Jeandre Landman, kantoorbestuurder: NG Kerk Wakkerstroom, 18.09.2026).
REFORMED CHURCH IN AFRICA (RCA)
NATIONAL SYNOD
The Reformed Church in Africa, (sister Church of the NGK) would like to place an announcement of the above Synod in the Kerkbode. The RCA National Synod will take place from 29 September till 04 October 2026. Venue: 261 Jewel Street, Laudium, Pretoria, Hosted by RCA Charisma. (Rev Akash Sirpal (083 255 3611), scribe: RCA, 04.09.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
