Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Mikhal Barnes het ’n hoender persent gekry op sy eerste uitreik na Makhathini in 2014 as graad 10-tiener. Foto: Verskaf

Elders gesien: ‘Uitreik is ook ’n inreik’ – hoor leraar op Makhathini

Hierdie Forumbydrae is geskryf en regstreeks deur 'n Kerkbode-blogger opgelaai.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.


“Vir die afgelope tien jaar praat ons altyd van die ‘uitreik’ na Makhathini, maar verlede jaar het ds Lucky Kunene van die VGK Makhathini my daarop gewys dat dit nie net ’n uitreik is nie, maar ook ’n inreik.” Dit hoor Mariëtte Odendaal van Getuienisaksie by ds Mikal Barnes.

Sy skryf dat hy die afgelope tien jaar betrokke is by evangeliese uitreike na hierdie gemeenskap in KwaZulu-Natal (hy het ’n hoender persent gekry op sy eerste uitreik in 2014 as graad 10-tiener). Sy wou by hierdie gemeenteleraar van NG Gemeente Oosterlig weet wie hy eintlik is asook oor die impak wat ’n dekade van skakeling met Makhathini se gelowiges op hom gehad het. 

Bogenoemde aanhaling kom uit sy antwoord op haar vraag hoe dit gebeur het dat sy begrip van ‘uitreik’ verbreed is om ook ‘inreik’ in te sluit? Barnes het gesê: “Vir die afgelope tien jaar praat ons altyd van die ‘uitreik’ na Makhathini, maar verlede jaar het ds Lucky Kunene van die VGK Makhathini my daarop gewys dat dit nie net ‘n uitreik is nie, maar ook ‘n inreik.

“Vanaf vanjaar het hierdie soort terme my begin pla. Ek het begin besef dat ons nie aparte groepe gelowiges is nie, maar dat ons werklik almal deel van een familie is. Ons is een in Christus; ons werk saam in God se Koninkryk.

“So, vanaf vanjaar het ek my taal verander – in plaas van ‘uitreik’ praat ek nou van ons span wat ons familie in Makhathini besoek en saam met hulle die Koninkryk van God bou… .

Lees gerus die volledige artikel op Getuienisaksie se webblad.

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.