Virtuele Red ’n plaas Camino: 92-jarige in rolstoel samel duisende in met meer as 500 keer om kerk in Noordwes
Waar ’n wil is, is ’n weg. Die 92-jarige Jannie Roodt van Koster wou so graag iets doen vir droogtehulp dat hy in April in ses dae 504 keer met sy elektroniese rolstoel gery het rondom die Gereformeerde kerkgebou op sy dorp en so meer as R30 000 vir die projek ingesamel. Dit kom neer […]






















