Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoopstories

Op die laaste dag van Diaconia se staptog op die Stargazing Camino stap die stappers twee-twee of een-een soos Debbie Jooste van Worcester hier koes-koes vir Merweville deur ‘n massiewe sprinkaanswerm binne - 'n projek wat die kerk en die land juis wil herinner dat 'n lang pad na heropbou voorlê na ag jaar van droogte in die Karoo. Foto: Heléne Meissenheimer

Caminostap vir droogtehulp: Pelgrimpsalms, donderweer en sprinkane

Die piramide-agtige stapel bo-op die bergrand vang die oog van die groep moeë en warm stappers kilometers voor hulle een-een of twee-twee indraai by Portugalsrivier, die plaas van Elias en Elsje Basson, sowat 35 km buite Sutherland in die Roggeveld. Dit is die tweede stapdag vir die groep van 19 stappers op die eerste amptelike […]

Caminostap vir droogtehulp: Pelgrimpsalms, donderweer en sprinkane Lees verder

Hoopstories Nuus
Die radio-aanbieder Charlene Lackay was een van die 10 gaste met wie twee NG dominees, Ivor Swartz (links) en Rudi Swanepoel (regs) gesels het vir ’n gesprekreeks oor versoening wat nou op onsvirjou.tv te sien is. Foto’s: Verskaf

Leraars bied videoreeks as gratis ‘tooltjie’ vir versoening

Hulle weet baie mense is “potvol” om te hoor van versoening maar dit is omdat hulle nie tot aksie oorgaan nie sê Rudi Swanepoel en Ivor Swartz, twee NG dominees wat met ’n praktiese gespreksreeks mense wil wys hoe om daai moeilike gesprekke ter wille van beter wedersydse begrip te voer. Met die idee om

Leraars bied videoreeks as gratis ‘tooltjie’ vir versoening Lees verder

Hoopstories Nuus
'n Lidmaat van NG gemeente Clarens in die Oos-Vrystaat, waar ds Jan Venter (stapper met rugsak op foto) leraar is, gaan 108km stap om fondse te in vir droogtegeteisterde gemeenskappe in die Karoo. Foto: Kerkbode-argief

Vrystater stap 108 km vir droogtehulpprojek

’n Vrystaatse gemeente het ’n unieke manier gevind om betrokke te raak by ’n fondsinsameling vir Karoo-gemeenskappe wat swaarkry na die langdurige droogte. ’n Lidmaat van Clarens in die Oos-Vrystaat gaan van 5-12 Maart op die wandelpaaie van die plaaslike natuurreservaat 108 km stap – dit is die tydgleuf wanneer ’n groep stappers dieselfde afstand

Vrystater stap 108 km vir droogtehulpprojek Lees verder

Hoopstories Nuus
Dr Kruger du Preez en Antoinette is al 50 jaar "onskeidbaar". Hy lewer op Sondag 27 Februarie sy afskeidsboodskap as kontrakleraar by Aandbloem NG Gemeente op Bloemfontein net om op 1 Maart in ’n nuwe pos te begin in diens van die teologiese opleidingsnetwerk NetACT (Network for African Congregational Theology). Foto: Verskaf

Geen keer aan dié leraar op 72

“Hallo! Dit is ds Kruger du Preez,” begin die stemboodskap op dr Du Preez se selfoon waarin hy jou vriendelik nooi om ’n boodskap te los voor hy afsluit met ’n vrolike ‘Cheers!’ Dit klink nie soos die stem van ’n 72-jarige dominee wat op aftrede staan nie. Dié leraar/dosent/sendeling en oupa van vier is

Geen keer aan dié leraar op 72 Lees verder

Aktueel Hoopstories
’n Groep vroueleraars het ’n video gemaak wat hulle opgedra het aan Lané en Ila de Jager, die dogtertjies van wyle ds Liezel de Jager, maar ook aan alle dogtertjies sodat hulle kan weet hulle het waarde. Foto: Skermgreep uit video

KYK: ‘Julle is kosbaar’ – leraars aan dogtertjies van vermoorde vroueleraar

Eendag as Lané en Ila hulle mamma Liezel de Jager se naam google moet hulle eerder iets moois kry anders as net die ‘lelike’ nuusberigte oor haar dood. Só vertel ds Rethie van Niekerk oor ’n video met ’n brief wat sy en ds Anatha Nel Vrydag op sosiale media aan dié twee dogtertjies opgedra

KYK: ‘Julle is kosbaar’ – leraars aan dogtertjies van vermoorde vroueleraar Lees verder

Hoopstories Nuus
Ds Ben van Tonder se vrou Sanet kniel by van die wit vlaggies wat die mense van Graaff-Reinet in Oktober in die gedenktuin van die NG Moedergemeente geplant het om geliefdes te gedenk wat in die pandemietyd oorlede is. Foto: Verskaf

Oos-Kaapse gemeente help dorp oor Covid-sterftes rou

Met die woorde ‘gedeelde smart is ligter smart’ het Frans du Preez die aankondiging van die ‘wit-vlaggie-herinneringstuin’ op die Facebookblad van die NG Gemeente Graaff-Reinet vir Oktober verwelkom. Dié woorde som vir hom so mooi op waaroor hulle projek gaan, want “die oomblik as jy smart deel dan word dit ligter,” sê dr Ben van

Oos-Kaapse gemeente help dorp oor Covid-sterftes rou Lees verder

Hoopstories Nuus
Lulu, kort vir Honolulu, tuis afgeneem. Daar is ongelukkig sover bekend nie foto’s van haar geneem met die onlangse kerkdiens by Rondebosch-gemeente ter viering van St Franciskusdag nie. Foto: Verskaf

Die dag toe Lulu die hond saam was kerk toe …

Op Sondag 3 Oktober kon die gemeentes van NG Rondebosch en InVia Kaapstad weer ’n slag saam diens hou danksy die onlangse verslapte inperkingsmaatreëls én hulle kon hulle dierekinders saam bring kerk toe ter viering van St Franciskusdag. “Diere is altyd welkom in ons dienste (hulle is mos maar soos mense se kinders), maar ons

Die dag toe Lulu die hond saam was kerk toe … Lees verder

Hoopstories
Nege jaar se droogte het minder skape om op te veil beteken, maar feesgangers het steeds lek­ker geëet by Loeriesfontein-gemeente se dankfeesbasaar. Foto: Braam Hanekom

Dankfees op Loeriesfontein – ‘Selfs die Bokke se ne­derlaag kon nie die gees demp nie’

Die afgelope naweek was ek en my vrou bevoorreg om die dankfeesbasaar op Loe­riesfontein by te woon. Daar is geen manier waarop ek die volle omvang van emosies en belewenisse hier in woorde kan weergee nie. Na nege jaar se droogte en ’n Covid-gekruisigde basaar laasjaar, het die gemeenskap na ernstige be­sin­ning besluit om voort

Dankfees op Loeriesfontein – ‘Selfs die Bokke se ne­derlaag kon nie die gees demp nie’ Lees verder

Hoopstories Nuus
Sondag 5 September is Nasionale Biddag vir Dowes. Die Covid-pandemie stel unieke uitdagings aan Dowes en die organisasies wat hulle help soos die Nasionale Instituut vir Dowes.

#Covid: Gesigmaskers beperk Dowe kommunikasie

Sondag 5 September is Biddag vir Dowes. Die Covid-pandemie stel unieke uitdagings aan Dowes en die organisasies wat hulle help. Heléne Meissenheimer het Hannerie Swart, ontwikkelingsbestuurder van die Nasionale Instituut vir Dowes (NID), gevra om meer te vertel. Met die huidige Covid-19-pandemie in die rondte, is die voorspelling dat gesigmaskers nog lank met ons gaan

#Covid: Gesigmaskers beperk Dowe kommunikasie Lees verder

Hoopstories Nuus
Die sanggroep van NG Citrusdal-gemeente maak musiek buite die heining van die Ons Huis-ouetehuis op Citrusdal om die gemoedere te lig van die inwoners wat al weke ingeperk is. Foto: Verskaf

VIDEO: Lofsang en goue oues lig gemoedere op Citrusdal 

Met kitare, ’n viool en ’n tamboryn het ’n sanggroep onlangs sommer in ’n straat die ingeperkte inwoners van ’n tehuis op Citrusdal gewys die dorp se mense sien hulle nood.  Elke inwoner het ook ’n protea met ’n naamkaartjie gekry. Die Ons Huis-ouetehuis is al geruime tyd gesluit vir besoekers ná nege inwoners in

VIDEO: Lofsang en goue oues lig gemoedere op Citrusdal  Lees verder

Hoopstories
In reaksie op die onlangse gewelddadige plundertogte in KwaZulu-Natal het nieregeringsorganisasies, geloofsgemeenskappe en ook inwoners ingespring om te help ‘herbou’, soos gesien kan word op hierdie skermgreep van ’n video geneem deur die eThekwini-munisipaliteit.

Strategie vir KZN-rampfonds

Die Sinode van KwaZulu-Natal se Sinodale Visionêre Leierspan (SVL) het op Maandag 19 Julie op ’n strategie besluit oor hoe die KZN-rampfonds bestuur gaan word. In ’n Spesiale Posduif-nuusbrief is die strategie soos volg uiteengesit: Die sinode is in vier streke verdeel. Die streke is soos volg: – Amajuba en Ladysmith (Streek 1). – Vryheid

Strategie vir KZN-rampfonds Lees verder

Hoopstories Nuus
Die NG Suidkus-gemeente in Amanzimtoti bak brode vir hulle gemeenskap omdat alle winkels toe of gestroop is.

Só kan jy KwaZulu-Natal help

’n Rampfonds waartoe enigeen kan bydra en om enige hulpbehoewende te help, is namens die KwaZulu-Natal Sinode begin om hulpverlening te help koördineer aan van die verpletterde gemeenskappe in hulle provinsie. In die nadraai van die plundery stroom mense uit geplunderde areas vroegoggend na naburige dorpe waar kos nog gekoop kan word. “Dit lyk erger

Só kan jy KwaZulu-Natal help Lees verder

Aktueel Hoopstories Nuus
Ds Regina Tembo-Shawa (inlas) werk sedert 2020 sonder salaris as leraar by die behoeftige plattelandse Maamba-gemeente van die Reformed Church in Zambia. Sy vertel die kerk groei te midde van al die uitdagings. Foto’s: Verskaf

Vroue-dominee bou kerke in Zambië sonder salaris

Ds Regina Tembo-Shawa is sedert 2020 in die bediening vir die Reformed Church in Zambia, een van die NG Kerk se familiekerke. Haar gemeente is so arm sy boer met hoenders vir ’n inkomste, dog hulle bou kerke en stig nuwe buiteposte. Lees gerus haar storie. My name is Rev Regina L Tembo-Shawa, resident minister

Vroue-dominee bou kerke in Zambië sonder salaris Lees verder

Hoopstories
NG Kerk Willowmore se kerktoring is Dinsdagnag beskadig deur ’n stormsterk wind. Foto: Facebook

Kerktoring knak in stormwind

Die ongewone gesig van ’n geknakte kerktoring het Woensdagoggend 30 Junie vir ds Hannes Maasdorp en die inwoners van Willowmore in die Oos-Kaap begroet. ’n Stormsterkwind het die vorige aand die boonste punt van staal van die 57 jaar-oue kerktoring van die NG Kerk Willowmore beskadig. Vir Maasdorp, wat langs die kerk bly, het dit

Kerktoring knak in stormwind Lees verder

Hoopstories
Die Ballito-gesinskerk NG Noordkus het nuwe gebruike vir hulle jeuglokaal gevind tydens die pandemie. Foto: Verskaf

Onbenutte jeuglokaal nou ’n bedrywige gemeenskapsaal

Fiets ‘mechanics’, naaldwerkklasse, Bybelstudie en jeugontwikkeling … Ballito-gesinskerk NG Noordkus se voorheen onbenutte jeuglokaal bars nou van bedrywigheid. “Ballito-gesinskerk is baie opgewonde om so te kan hande vat na buite om ’n verskil te kan maak!” berig Posduif 11 Junie. Die gemeente in KwaZulu-Natal was baie bekommerd dat hulle jeugsaal totaal in onbruik raak weens

Onbenutte jeuglokaal nou ’n bedrywige gemeenskapsaal Lees verder

Hoopstories
Die koperblaasorkes van Kylemore bemoedig die stappers op die eerste Social Justice Walk wat op Stellenbosch gehou is op Jeugdag. Foto: DJ Muller

Sáámstap op pad van restitusie gee hoop op Jeugdag

Jeugdag vroegoggend onder ’n flou winterson het ’n groep uiteenlopende mense op Stellenbosch saamgekom vir ’n 16 km-staptog. Dr Frederick Marais vertel Heléne Meissenheimer meer hieroor. Die staproete vorm deel van een van die eerste bene van die Pelgrimstog van Hoop – ’n pelgrimsroete van sowat 500 km deur die Kaapse Wynlande en Overberg-gebied. Die

Sáámstap op pad van restitusie gee hoop op Jeugdag Lees verder

Hoopstories
“Ek is geraak deur mense wat bly vorentoe kyk en ’n boer wat sê: ‘Dalk moet ons minder bid vir reën en eerder begin bid vir wysheid om anders te begin boer in ’n omgewing wat verander as gevolg van aardverwarming en die gepaardgaande klimaatsverandering. Ons moet eenvoudig die nuwe werklikheid in die oë kyk,’” skryf ds Hannes Theron in hierdie vertelling oor sy deelname aan die Boesmanland Camino. Op die foto is van links: Pieter Laubscher, Hannes Theron en Pia Nänny. Foto verskaf.

Die Boesmanland Camino – ’n terugblik

Om 314 km te stap in die Knersvlakte en Boesmanland – van Calvinia tot in Garies – geen regdenkende mens pak mos so iets aan nie!  Tog, as ek kan, doen ek dit weer. Die reuk van die aarde, die suiwer skoon lug, die helder sterre; ja, die droogte wat in jou gesigveld kom staan,

Die Boesmanland Camino – ’n terugblik Lees verder

Hoopstories
Deelnemers aan die Boesmanland Camino het die tamaai staptog, van 8 tot 22 Mei, afgelê ten bate van die ‘Red ’n plaas’-projek van die NG Kerk in Noord-Kaapland en Caritas Gemeenskapsfokus NPC. Die projek bied onder meer ’n 24 uur-noodnommer wat enige tyd deur boere, hulle gesins- en familielede, werkers en dié se gesinslede geskakel kan word. Hier word praktiese raad deur gekwalifiseerde beraders verskaf, asook emosionele bystand. Mense kan ook verwys word vir humanitêre hulp deur hierdie nommer te skakel. Om die projek te ondersteun deur ’n donasie te maak, besoek die Droogtehulp – NG Kerk Noord-Kaapland Facebookbladsy. Foto met vergunning van Droogtehulp – NG Kerk Noord-Kaapland. Foto: Verskaf.

Brief uit die Noord-Kaap: ‘Dankie aan elkeen wat voer of geld of gebede stuur’

Hy het onlangs ’n groep stappers aan die einde van die Boesmanland Camino ingewag, vertel PIET RETIEF uit Garies. “Ons kon die dag saam met die stappers en hulle na-ryers spandeer en met sorg hoop-blokkies in mekaar se lewe bou.” Reën in Namakwaland word soos ’n verlangse familielid se kuier voor selfone hanteer. Doerietyd het

Brief uit die Noord-Kaap: ‘Dankie aan elkeen wat voer of geld of gebede stuur’ Lees verder

Hoopstories
Van links na regs (alle volwassenes op die foto): Hester Pietersen – juffrou by Wyzneusies; Monia Marais – werknemer by Chrisma Slaghuis; Paul Laverlot – werknemer by Chrisma Slaghuis en oudleerder van die skool; Ockert Smit – eienaar van Chrisma Slaghuis; Sonja Miggels – juffrou by Wyzneusies; en Denise Pieterse – juffrou by Wyzneusies. Foto: Johette Pople Photography

Oudleerder van skooltjie spit saam op Aardedag

Ter viering van #Aardedag (22 April) het Ockert Smit, eienaar van Chrisma Slaghuis op Rawsonville en lede van sy personeel bome geplant en toebroodjies uitgedeel by Wyzneusies Crèche in Goudiniweg, volgens ’n inskrywing op die onderneming se bedrywige Facebookblad. LEES OOK: Die boer wat ’n skool gebou het … en ander grondstories Chrisma Slaghuis en

Oudleerder van skooltjie spit saam op Aardedag Lees verder

Hoopstories
By die oorhandigingsgeleentheid was vlnr prof Hoffie Hofmeyr (hoofredakteur), ds Dawid van Huffel, eggenoot van wyle prof Mary-Anne Plaatjies-van Huffel, en dan twee susters van laasgenoemde, naamlik mev Evy Olivier en mev Sylvia Fourie. Foto verskaf.

Omvangryke publikasie aan Plaatjies-Van Huffel opgedra

By ’n klein onlangse geleentheid in die teekamer van die Fakulteit Teologie aan US, is ’n nuwe publikasie oor “Vier gereformeerde kerke in Suider-Afrika (1990-2020)” aan die dekaan van die Fakulteit Teologie by US, prof Reggie Nel asook aan ds Dawid van Huffel, eggenoot van wyle prof Mary-Anne Plaatjies-van Huffel oorhandig. Hierdie versamelbundel van 13

Omvangryke publikasie aan Plaatjies-Van Huffel opgedra Lees verder

Hoopstories
Gerhard Botes (links) en Deon Viljoen sal sonder steunvoertuie hul roete van sowat 2 900 km oor sowat 60 dae ten bate van Yellow For Survivors aflê. Foto: Verskaf

LUISTER: Waarom wil dié twee 2 900 km trap?

Twee afgetrede vriende sal op 9 April vanjaar vertrek op ‘n reuse-fietsrit ten bate van slagoffers van gendergebaseerde geweld en organisasies wat veilige ruimtes skep.  In hierdie onderhoud gesels Le Roux Schoeman van Kerkbode met een van die trappers, Gerhard Botes (67), oor die hoe en hoekom van hierdie projek. Die twee kan HIER ondersteun

LUISTER: Waarom wil dié twee 2 900 km trap? Lees verder

Hoopstories
Scroll to Top