Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Die Ballito-gesinskerk NG Noordkus het nuwe gebruike vir hulle jeuglokaal gevind tydens die pandemie. Foto: Verskaf

Onbenutte jeuglokaal nou ’n bedrywige gemeenskapsaal


Fiets ‘mechanics’, naaldwerkklasse, Bybelstudie en jeugontwikkeling … Ballito-gesinskerk NG Noordkus se voorheen onbenutte jeuglokaal bars nou van bedrywigheid.

“Ballito-gesinskerk is baie opgewonde om so te kan hande vat na buite om ’n verskil te kan maak!” berig Posduif 11 Junie.

Die gemeente in KwaZulu-Natal was baie bekommerd dat hulle jeugsaal totaal in onbruik raak weens die Covid-pandemie. Uit die bloute, vra ’n groep toe of die gemeente hulle kan help om iets vir die gemeenskap aan te bied. Só is die Simunye Community Centre gebore.

Die Salt40-organisasie leer mense fietse herstel en bou. Intussen gaan die gemeente voort om elke Saterdag ’n Bybelstudie vir huiswerkers van die omgewing aan te bied wat gepaardgaan met lofprysing en verversings. Foto verskaf

Nadat die jeuglokaal opgeknap is, het One Million Strong, ’n Bybelgebaseerde jeugontwikkelingsprogram, eerste die lokaal gebruik om hulle Breakthrough-program vir 20 jong leiers aan te bied. Dit leer jong mense hoe om ander jong mense te help.

LEES OOK: Sáámstap op pad van restitusie gee hoop op Jeugdag

Daarna is naaldwerk-opleidingsessies vir vroue begin waar hulle nie net naaldwerk leer doen nie, maar ook opleiding kry in besigheidsbestuur sodat elkeen van hulle uiteindelik ’n eie suksesvolle besigheid kan begin.

Volgende het die Salt40 nieregeringsorganisasie ’n reuse vraghouer vol ou fietse langs die jeuglokaal parkeer. Hier word mense nou opgelei hoe om fietse te herstel en te bou asook vaardighede wat nodig is vir sukses met ’n eie besigheid.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top