Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Willowmore se kerktoring is Dinsdagnag beskadig deur ’n stormsterk wind. Foto: Facebook

Kerktoring knak in stormwind

Die ongewone gesig van ’n geknakte kerktoring het Woensdagoggend 30 Junie vir ds Hannes Maasdorp en die inwoners van Willowmore in die Oos-Kaap begroet.

’n Stormsterkwind het die vorige aand die boonste punt van staal van die 57 jaar-oue kerktoring van die NG Kerk Willowmore beskadig.

Vir Maasdorp, wat langs die kerk bly, het dit die vorige aand geklink of ‘n boom breek terwyl ’n ‘verskriklike’ wind gewaai het. Die volgende oggend toe hy buite kom sien hy die punt hang op 45 grade hoek.

Maasdorp is ‘n afgetrede predikant wat waarneem by die gemeente tot die vakante pos vir predikant gevul word. Hy het grootgeword op die dorp en sê dit is heel ongewoon om sulke sterk wind in Junie te kry.

NG Kerk Willowmore soos dit die afgelope sowat halfeeu gelyk het. Foto: Dr Dean Allen

Die voortslepende droogte en ontvolking van die platteland het lidmaatgetalle hier ook sien daal. Hy skat hulle het tans sowat 250 lidmate.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n oranje vlak 8-waarskuwing vir stormsterk wind van 100 km/h tot 140 km/h uitgereik wat dié week van Dinsdag tot Donderdag oor dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap kan waai.

*Nuwe inligting is by die artikel bygewerk sedert dit die eerste keer verskyn het. Red.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top